Wat is die evangelie? (8)
“When you are troubled by your thoughts, drive them away in any way you can—if not with some argument, then at least by conversation about something you find delight in.” Martin Luther
Wat is die evangelie? (8)
Paulus vat die kern van die evangelie in 1 Korintiërs saam. Hierdie is bloot ‘n opsomming: Christus sterf vir ons sondes en word uit die dood opgewek. Hierdie gebeur volgens die Skrifte en word deur ooggetuies gestaaf. Vers 3 – 7 se struktuur herinner aan ‘n belydenis – dit is wat Paulus van die vroeë Christelike gemeente in Jerusalem ontvang het en wat hy nou weer aan die gemeente in Korinte oorgedra het.(vers 3).