Die Groot Geloofswoordeboek: Gawes en vrug van die Gees
Die Groot Geloofswoordeboek: Gawes en vrug van die Gees
Verbygaande gawes?
Dit gaan hier oor die gawes waarvan ons veral in 1 Korintiërs 12 lees, en die vrug van die Gees (Gal 5:22-23). Daar was vir baie lank in die historiese kerke groot teologiese verskille of die Geestesgawes in die geheel nog voorkom. Veral onder sommige Gereformeerdes was daar ‘n sterk saak uitgemaak vir die sogenaamde “Streepteologie”, die oortuiging dat die gawes net vir ‘n tyd lank bedoel was en daarna verdwyn het. Daar is veral na 1 Korintiërs 13:10 verwys: “Maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.”