One word of truth outweighs the whole world – Alexander Solzhenitsyn
‘n Gebed vir hoop
Onthou tog u woord aan my, die woord waarop U my laat hoop het (Psalm 119:49)
Hierdie is die soort hoop wat ons by mense kry wat verlang na verlossing en geregtigheid en wat verlang dat God sy heerlikheid sigbaar sal maak.
Scot McKnight voel dat die hoop hier volg op die teleurstelling van 119:41 – 48. Die hoop wat ons in daardie verse kry, het nie gematerialiseer nie. Die psalmis sê nie: “As God nie my gebede verhoor nie, gee Hy nie om nie,” of “God bestaan nie.” Nee, hy rig weer ‘n versoek en spreek sy hoop uit. Hy vra ook dat God sal onthou.