Laat ons nie in versoeking kom nie
Dogmatics as such does not ask what the apostles and prophets said, but what we must say on the basis of the apostles and prophets – Karl Barth
Laat ons nie in versoeking kom nie
Jesus het sy dissipels geleer om hulle sondes van die verlede te hanteer. Nou wend Hy Hom na die toekoms. Hy hanteer nou hulle kwesbaarheid teenoor sonde. Ons moet ons Vader vra om ons teen versoekings en geestelike aanvalle te beskerm wat tot nuwe sondes mag lei. Jakobus maak dit baie duidelik: God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep (1:14 – 15).