Medisyne in die tyd van Jesus
In. die Nuwe Testament lees ons van talle soorte siektes. Daar was melaatses, dowes, blindes, lammes, stommes asook mense wat koors gehad het of epileptiese aanvalle gekry het, of aan vrouesiektes gely het, ens. Dit blyk duidelik uit Markus 1:32-34 dat daar baie siektes aan die orde-van die dag was. Mense wie se siektetoestand versleg het, het, soos verwag kan word, dokters gaan opsoek. In die tyd van Jesus was daar ongetwyfeld baie geneeshere. Ons lees byvoorbeeld dat die vrou wat aan .bloedvloeiing. gely het, baie onder die behandeling van die dokters gely het en .dat sy alles wat sy gehad het, daaraan bestee het (Markus 5:25-26). Verder het Jesus ook die spreekwoord aangehaal wat soos volg lui: “Geneesheer, genees jouself” (Lukas 4:23). In die ruïnes van Pompeii is daar ‘n groot versameling chirurgiese instrumente gevind wat uit die eerste eeu: n.C. dateer. In die Bybel self lees ons nie van enige operasies wat gedoen is nie, uitgesonderd die besnydenis. Laasgenoemde moet egter veel eerder as ‘’n godsdienstige rite gesien word en nie soseer as ‘n mediese aksie nie. Benewens die fisiese siektes wat genoem is, was daar waarskynlik ook etlike siektes wat aan psigiese toestande toegeskryf kon word. Die doofstomheid van Sagaria, die pa van Johannes, is as ‘n teken deur God gegee, maar dit lyk nie of dit aan fisiese oorsake toegeskryf moes word nie. Dit vertoon veel meer ooreenkomste met psigiese toestande, soos byvoorbeeld wanneer ‘n mens groot skrik.
Jesus se houding teenoor sonde het nie die Ou Testamentiese siening weerspreek nie. Dit lyk of hy wel siektes beskou het as die gevolg van die Satan se aktiwiteite in die wêreld, en dat dit as sodanig teengegaan moes word. Hy het egter nie geglo dat alle siektes noodwendig altyd as gevolg van die persoon se individuele sondes op horn gekom het nie. Dit blyk duidelik uit Johannes 9:2-4: “Sy dissipels vra Horn toe: `Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s’n?’ En Jesus antwoord: `Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s’n nie, maar by is blind sodat die werke wat God doen, in horn gesien sal kan word.‑
Jesus het aanvaar dat sommige siektes wel aan duiwelbesetenheid toegeskryf kon word en Hy het dienooreenkomstig daarteen opgetree (bv Matteus 12:27), maar Hy het nie alle siektes op hierdie wyse behandel nie. Jesus het die oë van die blindes geopen en die dowes laat hoor. Een van die eienaardige genesings was toe Jesus die blinde man in Betsaida genees het. Hierdie genesing het in verskillende stadia verloop: In die eerste stadium was sy visie nog nie heeltemal duidelik nie en eers nadat Jesus weer Sy hande op sy oë gesit het, kon hy duidelik sien wat om horn aangegaan het. Die houding wat Jesus teenoor siekte openbaar het, het ‘n groot rol gespeel op die eerste Christene se houding teenoor siektes en geneeshere. Lukas, ‘n dokter, was die reisgenoot van die apostel Paulus (Kolossense 4: 14). Hy was natuurlik ‘n Griekse dokter en daar was ‘n groot mate van ontwikkeling van medisyne in Griekeland. Dokters het ‘n eed afgelê, geskoei op die leringe van Hippokrates, dat die lewe van ‘n pasiënt altyd eerste gekom het, dat hulle nooit hul verhouding met vrouepasiënte sou uitbuit nie, dat hulle nooit aborsies sou bewerkstellig nie en dat hulle nooit vertroulike inligting bekend sou maak nie. Daar was ‘n groot mediese skool in Aleksandrië.
In die verhaal van die Barmhartige Samaritaan, is daar olie en wyn op die beseerde man se wonde gegooi (Lukas 10:34). Die vroeë Christene het hierdie praktyk voortgesit en siek mense met olie gesalf terwyl hulle ook vir hulle gebid het (Jakobus 5:14).
Jesus het bale mense genees van hul siektes en kwale en daardeur het Hy getoon dat Hy waarlik die Messias was (Lukas 7:20-22).
Skrywer: Prof Hennie Stander