Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(7)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(7) – Hennie Stander

Begrafnis

Die begrafnis moes gou na die sterfte plaasvind, moontlik nog dieselfde dag, aangesien die warm klimaat veroorsaak het dat die lyke vinnig ontbind het. Nogtans het so ‘n begrafnis nooit op ‘n Sabbatdag of ‘n ander heilige dag plaasgevind nie. Soms het die naasbestaandes die liggaam omhels en gesoen (Genesis 50:1). Die liggaam is gewoonlik gewas, en daarna in ‘n linnekleed toegedraai.

Die oë van die gestorwene is toegedruk sodat dit gelyk het of hy geslaap het (Genesis 46:4). In Israel is die lyke nooit gebalsem nie. Ons lees wel dat Jakob en Josef se lyke gebalsem is, maar dit moet toegeskryf word aan die gebruike wat in Egipte aan die orde van die dag was (Genesis 50:2-3,26). Dit was ook net in Egipte dat lyke in ‘n kis geplaas is (Genesis 50:26). Lyke is gewoonlik op ‘n lykbaar na die graf gedra (2 Samuel 3:31; Lukas 7:14).

Dit is as ‘n skande en ‘n straf beskou indien die lyke onbegrawe gelaat is (sien 1 Konings 21:23-24; Jeremia 22:19). Verdere is verassing of die verbranding van die liggaam by Israelslegs vir misdadigers gereserveer en vir diegene wat afskuwelike sonde gedoen het (Genesis 38:24; Levitikus 20:14; 21:9). Verbranding was egter algemeen by baie ander volke van destyds. Maar dieselfde kan ook van begrafnisse gesê word. Die gestorwene is in ‘n natuurlike grot begraaf (Genesis 49:29-32) of in ‘n grafkamer wat in die kalksteenheuwels van Palestina uitgegraaf is. Josef van Arimatea het so ‘n graf in sy tuin uitgegraaf en Jesus is later daarin begraaf (Matteus 27:60). Die liggaam van die gestorwene is dan op ‘n lys, rak of nis in die rotswand neergelê. Soms het die grafte uit meer as een vertrek bestaan. Omdat daar nogtans net ‘n beperkte aantal grafte beskikbaar was, is die beendere van reeds ontbinde lyke verwyder en in ‘n kleipot of in ‘n klipkissie (ook ‘n ossuarium of knekelkis genoem) gegooi. Hierdie potte is in die hoek van die graf gebêre en die nis kon weer vir ander liggame gebruik word. Die bek van die graf is met ‘n ronde, plat klip verseël. Hierdie klip het soos ‘n wiel in ‘n groef gerol en dit was baie moeilik om so ‘n klip weer weg te rol as dit eers in sy posisie gelê het (Markus 16:3).

Die armes kon egter nie altyd sulke grafte bekostig nie. Hulle liggame is bloot in vlak grafte geplaas en is dan met klein klippies en grond bedek. Bo-op die graf is ‘n klip of gedenksteen geplaas om dit te merk (Genesis 35:20). Die grafte was gewoonlik buite die dorp of stad (Lukas 7:12). Slegs koninklikes is binne die stad se grense begraaf (1 Konings 2:10).

Maar met elke sterfte is daar ook agtergeblewenes. ‘n Vrou wat haar man aan die dood moes afstaan, was in ‘n baie moeilike posisie omdat sy dan daarmee haar finansiële ondersteuning verloor het. Sy het nie geërf nie, en as iemand nie vir haar gesorg het nie, sou sy haar tot bedelary moes wend. Jesus het die Fariseërs berispe omdat hulle selfs die huise van die weduwees ingepalm het (Markus 12:40). God het egter reg laat geskied aan die weduwee en die wees (Deuteronomium 10:18) en die Wet het ook vereis dat daar na hulle omgesien moes word (Deuteronomium 24:17-21). Die vroeë Christene het die weduwees se lot op hul hart gedra (Hand 6:1 ev) en Paulus het vereis dat weduwees deur hulle families onderhou moes word (1 Timoteus 5:3 ev). Jonger weduwees kon weer trou. Tamar het egter intussen na haar man se dood by haar vader gaan woon, maar Rut by haar skoonmoeder (Rut 1).

kis
Hierdie ossuarium, of knekelkis, is in Jerusalem gevind. Dit bevat die inskripsie: “Bene van die familie van Nikanor die Aleksandryn wat hekke gemaak het.

Skrywer: Prof Hennie Stander




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(6)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(6) – Hennie Stander

Egskeiding

Huwelike kon en het ook soms opgebreek, en dit was moontlik vir iemand om van sy vrou te skei as by “iets onbetaamliks aan haar ontdek het” (Deuteronomium 24:1). Joodse geleerdes het hierdie vers op verskillende wyse geïnterpreteer. In die tyd van daardie tyd was dit moontlik vir ‘n man om sy vrou eenvoudig mee te deel dat sy geskei is, maar daar is van die Jode verwag om ook ‘n egskeidingsbrief aan haar te gee wat die oorspronklike huwelikskontrak tot niet verklaar het.

Die man moes dan ‘n egskeidingsbrief uitskryf wat die vrou toegelaat het om weer te trou (Deuteronomium 24:1-2). ‘n Man wat egter ‘n meisie as was ook nie toegelaat om van haar te skei nie (Deuteronomium 22:13-19). Wanneer ‘n geskeide vrou weer getrou het, en haar nuwe man tot sterwe gekom het of ook van haar geskei het, mag die oorspronklike man nie weer met haar getrou het nie (Deuteronomium 24:3-4). Hosea se tweede huwelik met dieselfde vrou was egter deur die wet toegelaat aangesien sy vrou tussen die twee huwelike nie weer getrou het nie, maar ‘n prostituut was (Hosea 3). God se yolk was egter nooit in die duister oor die feit dat egskeiding geheel en al onaanvaarbaar vir God was nie (Maleagi 2:16). Jesus het dit verder bevestig dat dit wat God saamgevoeg het, geen mens weer mag skei nie (Matteus 19:6; vgl Matteus 5:31-32). Vrouens was egter nie toegelaat om ‘n egskeiding te inisieer nie.

Dood

Die Psalmdigter sy lewe net vol leed en swaarkry is (Psalm 90:10). Die meeste mense het egter voor hierdie ouderdom gesterf vanweë oorloë, siektes en wanvoeding. Met die dood betree ‘n mens die laaste fase van jou lewe en ook rondom hierdie fase het daar rites ontwikkel.

In die Ou Testament is daar nie juis sprake van ‘nSheol). Vir die Jode was dit ‘n plek waar die dooies (regverdiges en onregverdiges) vergader word. Dit was hoegenaamd nie n plek van aangenaamheid soon dit deur Jesus in die Nuwe Testament geskilder word nie. In die onderwêreld kan ‘n mens ook nie aan God dink of God loof nie (Psalm 6:6). Opgrawings toon dat daar wel ‘n tyd was dat die Israeliete die gebruike van die Kanaäniete nagevolg het deur houers met kos in die grafte van afgestorwenes te sit. Dit mag moontlik toon dat daar wel geglo is dat die dood nie geheel en al ‘n finale stap was nie. In die periode na die ballingskap is daar wel tekens dat daar ‘n geloof ontwikkel het in ‘n opstanding na die dood. In Daniel 12:2 lees ons “Baie van die wat ontslaap het, sal uit die graf opstaan, party tot die ewige lewe en party tot ewige skande en veragting.

Maar dit is eers na die opstanding van Jesus dat Paulus kon uitroep dat die angel uit die dood uitgehaal is en dat die doderyk finaal oorwin is (1 Korintiërs 15:55). Christus wat uit die dood opgewek is, was inderdaad die eersteling uit die wat gesterf het (1 Korintiërs 15:20).

geweeklaag. ‘n Klaagkreet is aangehef en so is dit aan die buurt berig dat iemand te sterwe gekom het. Gewoonlik het hulle uitgeroep “ag tog, ag tog” (Amos 5:16) of “ag, my broer” (1 Konings 13:30). ‘n Pa sou sy seun by sy naam roep

afgekom toe by na die huis van Jaïrus, die owerste van die sinagoge, gegaan het toe Hy sy dogtertjie uit die dood opgewek het (Markus 5:38). Ryk families het selfs mense gehuur wat professionele rouklaers was (Jeremia 9:17-18; Amos 5:16) ten einde die “rumoer” (sien Markus 5:38) nog groter te maak. Kledingstukke van bokhaar (saklinne) is dan gedra om ongemak te verskaf. Daar is op die bors geslaan (Lukas 23:48) en die klere is geskeur om te wys hoe bedroef  jy was (2 Samuel 3:31). Verder het jy ook as op jou hoof gegooi en jou hare en baard onversorgd gelaat, of jou kop kaal geskeer (Jesaja 15:2).

graf 

Die ingang tot hierdie grafte wat in die rotse uitgegraaf was, is met ‘n ronde plat klip verseel. Hierdie grafte in Jerusalem staan bekend as die Grafte van die Konings.

 

Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(5)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(5) – Hennie Stander

Die reël van huwelike
Jongmense het gewoonlik nie self besluit met wie hulle sou trou nie. Dit was dikwels ‘n geval van eers trou en later liefhê. Nogtans het dit tot redelike stabiele huwelike gelei (sien byvoorbeeld Genesis 24:67). Die jongman kon wel ook sy voorkeure bekend maak (Genesis 34:4; Rigters 14:2), maar by kon ook self die besluit neem, selfs teen die wense van sy ouers (Genesis 26:34-35). Die praktyk om huwelike te reël het nie beteken dat die gevoel van die partye wat daarby betrokke was heeltemal misken is nie (Genesis 24:58), of dat daar nooit liefde voor die troue bestaan het nie (Genesis 29:10-20).

Nadat die huweliksvoorstel. gemaak is, begin die onderhandelinge tussen die vader van die bruid en die vader van die bruidegom. Daar moes ooreengekom word oor die bedrag geld (die mohar) wat die bruidegom aan die bruid se vader moes betaal (Genesis 34:12; Eksodus 22:16). Dit is egter belangrik om daarop te let dat die betaling van die bruidsprys nie impliseer dat die bruid soos ander besittings of handelsware aangekoop is nie. Die bedoeling van die betaling van die mohar was veel eerder om die familie te vergoed vir hul verlies. Die verskil word duidelik wanneer ‘n mens dit vergelyk met ‘n ander praktyk wat in dieselfde tyd bestaan het en waarvolgens ‘n vader sy dogter kon verkoop sodat sy dan as slavin die byvrou van die koper geword het (lees Eksodus 21:7-11).

Die vader kon wel die rente-opbrengs van die bruidskat gebruik, maar nie die bruidskat self nie omdat dit vir die bruid bewaar moes word vir ingeval sy ‘n weduwee word of haar man van haar skei. Dit is moontlik waarna Ragel en Lea verwys het toe hulle hul vader daarvan beskuldig het dat hy hulle “verkoop” het en toe self die geld opgebruik het (Genesis 31:15). Wanneer geld nie as bruidskat betaal kon word nie, moes diens gelewer word (Genesis 29:18; sien ook 1 Samuel 18:25). Benewens die mohar of bruidskat, het die bruidegom ook ander geskenke aan die skoonfamilie gegee vir die aanvaarding van die huweliksvoorstel (Genesis 34:12). Die bruid se vader het weer op sy beurt geskenke aan die bruid gegee (Genesis 29:24, 29; Rigters 1:12-15).

Huwelike is, sovêr as wat dit. moontlik was, gereël met lede van jou eie stam- of familiegroep. Abraham het sy dienskneg gestuur om ‘n bruid vir Isak te gaan haal uit sy eie mense (Genesis 24:3-4), en Jakob is na dieselfde plek gestuur om vir hom ‘n vrou te gaan vind (Genesis 28:2). Simson se-ouers was ontsteld omdat hy nie ‘n vrou uit sy eie stam geneem het nie (Rigters 14:3). Huwelike het egter ook buite stamverband plaasgevind (Genesis’ 41:45; Rut 1:4). Soms het dit om politiese redes geskied (1 Konings ll:l). Dit is egter nie deur God goedgekeur nie omdat mense van ander stamme ander gode aanbid het en dit het die godsdienstige lewe van die mense negatief beïnvloed (1 Konings 11:4). Die sluit van ‘n huwelik met iemand wat ‘n naby bloedverwant was, is in Levitikus 18:6-18 verbied.

Verlowing
Wanneer daar ooreengekom is om te trou, was die paartjie verloof. So ‘n ooreenkoms was veel meer bindend as die verlowing binne die moderne samelewing. ‘n Man wat verloof was aan ‘n meisie, is vrygestel van militêre verpligtinge, selfs al was hulle nog nie getroud nie (Deuteronomium 20:7). Wanneer ‘n meisie, wat verloof was, deur ‘n ander persoon onteer word, mag laasgenoemde nie met
haar ‘n huwelik aangaan soos dit gewoonlik die geval was nie (Deuteronomium 22:28-29) omdat sy reeds aan iemand anders verloof was. In so ‘n geval van ontering, is die doodstraf opgelê.

Daar was ‘n redelike tydsverloop tussen ‘n verlowing en die voltrekking van die huwelik. Rebekka is in Mesopotamia aan Isak beloof, maar die huwelik is eers voltrek nadat sy by hom in Kanaän aangesluit het (Genesis 24:67). Jakob het sewe jaar gewag voordat by kon trou met die vrou wat aan horn beloof is (Genesis 29:15-21). Saul het beloof dat by Merab aan Dawid as vrou sou gee, maar “teen die tyd dat sy aan Dawid gegee moes word” (1 Samuel 18:17-19), is sy aan iemand anders gegee. ‘n Verlowing kon wel verbreek word, maar gewoonlik slegs teen betaling van ‘n boetegeld omdat dit as ‘n wettige kontrak beskou is.

Die paartjie was nie toegelaat om seksuele gemeenskap te hê tydens die periode van verlowing nie. Juis daarom het Maria se swangerskap so ‘n verleentheid geskep en het Josef dit oorweeg om die verlowing stilweg te verbreek (Matteus 1:19). Josef het haar van egbreuk verdink, maar wou dit nie openbaar maak nie aangesien dit dan sou beteken dat Maria gestenig moes word.

 

Die troue
Dit is interessant dat die sluiting van ‘n huwelik in Israel ‘n suiwer siviele en sosiale aangeleentheid was, sonder dat dit met enige godsdienstige rites gepaard gegaan het. Christene sal verbaas wees wanneer hulle besef dat dit eintlik eers maar sedert die jongste verlede is dat daar verwag is dat ‘n priester of ‘n rabbi by ‘n huwelikseremonie teenwoordig moet wees. Die sluiting van ‘n huwelik was verder ook ‘n regsaangeleentheid waartydens ‘n skriftelike huwelikskontrak opgestel is (Tobias 7:13).

Vir die troue is daar mooi aangetrek. Die bruid het haar vir die bruidegom versier (Openbaring 21:2). Sy het juwele aangesit en ‘n krans op haar kop (Jesaja 61:10; vgl Esegiël 16:11-12). Verder het sy ‘n sluier oor haar gesig gedra (Hooglied 4:1,3; 6:7). ‘n Bruid is so mooi aangetrek en versier dat sy dit nooit daarna sou vergeet het nie (Jeremia 2:32). Die bruidegom, weer, het ‘n kroon op ‘n priesterlike wyse gedra (Jesaja 61:10; vgl Hooglied 3:11).

Hierna het die prosessie na die bruid se huis gevolg. Die bruidegom en sy vriende, vergesel van musikante (1 Makkabeërs 9:39), het na die bruid se huis vertrek. Indien die huwelik in die nag plaasgevind het, is die donker pad met olielampies deur die bruilofsgaste verlig. Die bruid, wat ook haar metgeselle gehad het (Psalm 45:16), het ‘n sluier gedra (Hooglied 4:1,3; 6:7). Juis daarom het Rebekka haar gesluier toe sy Isak, haar verloofde gesien het (Genesis 24:65).

 

Die bruilofsfees
Hierna het ‘n groot maaltyd gevolg (Genesis 29:22). Ook Simson het so ‘n feesmaal gehou tydens sy huwelik en ons lees dat “dit die gewoonte was onder die jongmanne” om so ‘n feesmaal te hou (Rigters
14:12). By hierdie huweliksfeeste is daar baie gesels, geëet en gedrink. By die bruilofsmaal te Kana het Jesus bykans 600 liter wyn aan die gaste voorsien maar die gaste het reeds soveel gedrink dat die seremoniemeester dit as ‘n jammerte beskou het dat hierdie wyn nie met reg waardeer sou kon word nie (Johannes 2:6-10).

Die feesvieringe het dikwels vir sewe dae lank aangehou (Genesis 29:27; Rigters 14:12) maar soms het dit selfs tot veertien dae geduur (Tobias 8:20; 10:7). Reeds in die eerste nag van die fees is die huweliksdaad voltrek en die sluier is eers daarna van die bruid afgehaal. Hierdie gebruik het Laban in staat gestel om Ragel met Lea om te ruil en Jakob het eers die volgende oggend agtergekom dat by bedrieg is (Genesis 29:23-25). Dit was baie belangrik om te kon bewys dat die bruid nog ‘n maagd was toe die huwelik voltrek is. Derhalwe is die met bloed bevlekte kledingstuk van die eerste huweliksnag deur die bruid se ouers bewaar sodat dit later as bewys kon dien sou die bruidegom kwaadwillige praatjies oor sy bruid versprei (Deuteronomium 22:13-21).

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(4)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(4) – Hennie Stander

Betreding van volwassenheid

Dit is aanvaar dat die Joodse seun op die ouderdom van dertien jaar ‘n “seun van die Wet geword’. Die vader is verantwoordelik gehou vir die seun se dade tot op die ouderdom van dertien jaar en daarna is die seun as ‘nverantwoordelike lid van die Joodse gemeenskap beskou en kon by ‘n lid van die sinagoge word.

 

Poligamie

Lameg was die eerste persoon van wie ons lees wat twee vrouens gehad het Jakob het met beide Lea en Ragel getrou, en daarbenewens het by ook ‘n seksuele verhouding met die slavin van elk van hulle gehad (Genesis 29).Nogtans, alhoewel dit toelaatbaar was om tegelykertyd met meer as een vrougetroud te wees, soos in bostaande gevalle, was poligamie nie so algemeen in Israel in die Bybelse tye as wat dikwels beweer word nie. Een van die redes hiervoor was dat ‘n man redelik ryk moes wees om meer as een vrou te kon bekostig en dus was monogamie die meer algemene vorm van die huwelik onder die gewone mense in Israel. Poligamie het meer onder die koninklikes voorgekom. Dawid, byvoorbeeld, het baie vrouens gehad (insluitende Migal, Abigail en Batseba) en Salomo het selfs nog meer gehad gedurende die meer florerende tydperk van sy koningskap. Verskeie Ou Testamentiese figure het egter slegs een vrou gehad. Hieronder tel byvoorbeeld Noag, Isak, Josef en Moses. Dit is dikwels deur die rabbis uitgewys dat dit net tot probleme lei wanneer ‘n mens meer as een vrou het-byvoorbeeld in die geval van Lea en Ragel (Genesis 30) en Hanna en Peninna (1 Samuel 1).

 

Prof Hennie Stander