Tagged: Geloof

image_pdfimage_print

Ek het my geloof verloor

‘n Evangelis vra vir ‘n man wanneer hy verlos is. Hy antwoord: “Twee duisend jaar gelede, maar ek het dit eers onlangs uitgevind.” Ek het my geloof verloor ‘n Priester maak ‘n afspraak om met Karl Barth oor ‘n persoonlike...

Le Chambon-sur-Lignon

When we are devastated by someone’s critique it usually shows how addicted we are to their praise. – Tullian Tchividjian

Le Chambon-sur-Lignon

Tydens die Tweede Wêreldoorlog daag die Franse dorpie Le Chambon-sur-Lignon die Nazi’s uit. Andre Trocme was ‘n leraar wat besluit het om hom nie te onderwerp aan enigiets wat teen die Bybel is nie. Hy weier om die invallers se vlag te salueer en die kerkklok vir hulle te lui. Die hele dorp doen dieselfde. Hulle besluit ook dat hulle die Jode sal beskerm.

Die noodsaaklikheid van geloof

The Shema means that you have to love God intellectually (“with all thy heart), emotionally “with all thy soul”) and practically (“with all thy might) – Mordecai Kaplan

Die noodsaaklikheid van geloof

Die woorde geloof en glo word algemeen in ons taal gebruik. Politici vra dat ons in hulle beleid moet glo; die huwelik is basies ‘n geloofsband tussen twee mense wat mekaar ken, vertrou en in mekaar glo. Omdat die lewe so onseker is, kyk ons na mense, instellings en idees waarin ons kan glo. Geloof, vertroue, hoop spruit voor uit ‘n lewe van teenstrydighede – lewe en dood, trou en ontrou, behoort en verraad, ens. Ons hele lewe is een van geloof in onsself of ons familie of ons vriende, planne, mense instellings, ens. Ons soek vir iets of iemand om ‘n rots of anker te wees waaraan ons kan vashou terwyl die wêreld buite beheer is – altans so voel dit vir ons.

Drie slaggate vir geloof in die openbare lewe

There is no ordinary people. You have never spoken to a mere mortal – C. S. Lewis

Drie slaggate vir geloof in die openbare lewe

Oss Guinness identifiseer drie slaggate vir geloof in die openbare lewe:

  • Die skeiding tussen die openbare en private gebiede van ons lewens. Die private gebied is daardie spesiale gebied waar ek my individuele vryheid uitleef. Geloof val dan in hierdie gebied – dit is privaat en het niks met ander mense te doen nie.
image_pdfimage_print