Woorde uit die Bybel – Geloof (2)

Woorde uit die Bybel – Geloof (2)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

Waarop berus sekerheid van ons geloof? Nie op rede of eksperimentele bewyse nie. Ons kan nie onafhanklik kontroleer van wat van God in die Bybel vertel word nie. Koning Dawid sê: Groot Here, U alleen is God. U woorde word waar; ook hierdie mooi woorde wat U vir my gesê het (2 Samuel 7:28). Waar kry ons hierdie woorde van God? In die Bybel. Wie egter luister na wat Hy sê, bevestig daarmee dat God waar is en dat die waarheid van God af kom (Johannes 3:3); So ‘n ongelowige weier sowaar om die getuienis wat God self oor sy Seun gelewer het, ernstig op te neem (1 Johannes 5:10).

Ons geloof begin daar waar die evangelie gelees en gehoor word en ons besef dat dit die waarheid aangaande God is. My Vader wat My gestuur het, trek mense na My toe wat by My hoort. Dit is die mense wat Ek op die dag van die wederkoms uit die dood sal laat opstaan. Julle moet dus nie die idee kry dat julle op julle eie sonder my Vader deel sal word van God se familie nie (Johannes 6:44). Geloof beteken dus dat God in sy genade ons oë oopgemaak het.

Ons sit nog met ‘n belangrike vraag wat ons moet antwoord: Hoekom verlossing net deur geloof? Daarna kyk ons volgende keer.




Woorde uit die Bybel – Geloof (1)

Matthew B. Redmond

Woorde uit die Bybel – Geloof (1)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

(Romeine 3:28). Hier kry ons die groot verskil tussen die Joodse en Christelike godsdiens. Tydens die Hervorming was een van die hoekstene sola fida – deur geloof alleen. Vandag word die klem op alleen weer bevraagteken.

As geloof dan so belangrik is: Wat is geloof? Vertroue sonder ‘n voorwerp waarop vertrou word, is nie geloof nie; vertroue op die leer van ‘n spesifieke kerk is nie geloof nie. Maar wie is die voorwerp van Christelike geloof? Paulus sê dit is almal wat glo in God (Romeine 4:24) en vir mense wat in Jesus Christus glo (Romeine 3:22). Goed en wel, maar wat beteken dit in die praktyk?

  • Ek glo in God se beloftes.
  • Ek glo in die opstanding van Jesus Christus: Dit is baie maklik om gered te word. Al wat jy moet doen, is om met jou woorde te erken Jesus is die Here en om met alles in jou te glo God het Hom uit die dood laat opstaan (Romeine 10:9).
  • Ek glo aan die evangelie: Ruk julle reg en draai na God toe. Luister na die goeie nuus (= die evangelie) en maak dit julle eie (Markus 1:15).
  • Ek glo aan die getuienis van die apostels: Op daardie dag wanneer Christus terugkom, gaan al hierdie dinge waaroor ek nou met julle praat voor julle eie oë gebeur. Almal wat aan Hom behoort, sal dan in bewondering voor Hom kom staan. Julle sal ook daar wees vir die fees, want julle het ons prediking met julle hele lewe geglo (2 Tessalonisense 1:10).

Met hierdie as agtergrond kan ons volgende keer na die Bron van ons geloof kyk.

Die lewe van geloof

Mark Dever

Die lewe van geloof

(Hebreërs 11:1).

Die skrywer is nie besig om geloof te ontleed en komponente daarvan te identifiseer nie. Hy skryf hier hoe geloof werk.

Geloof is die versekering en vertroue van dit wat ons hoop. Hoop is nie wensdenkery nie – dit is sekerheid oor iets wat nog nie ‘n werklikheid is nie. Dit is die hoop waarvan Paulus in Romeine 5:5 praat: Dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Maar geloof is ook die bewys – die oortuiging – van dinge wat ons nie sien nie. Dit is die kenmerk van die gelowiges wat volhard soos iemand wat die onsienlike God sien (Hebreërs 11:27). Geloof kyk dus altyd vooruit na die toekoms. Geloof beteken dat ons na die wêreld kyk, nie deur die bril van hierdie wêreld nie, maar deur die bril van God.

Wat beteken dit nou in die praktyk? In Hebreërs 11 wys die skrywer vir ons wat geloof in die alledaagse lewe beteken. Deur hierdie galery van geloofshelde lei hy ons totdat ons uiteindelik by Jesus Christus uitkom. Hy is die oorsprong en vervuller van ons geloof. Daarom dat die skrywer in 12:1 – 2 sê dat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding moet hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

Die skrywer lê besondere klem op Moses en Abraham. Wat verklaar hulle wonderlike, maar tog onvolkome, geloof? Hulle het God se woord gehoor en daarop vertrou. Eintlik het hulle God wat die woord gepraat het vertrou.

Geloof is om te hoor wat God sê, om sy woord te vertrou en daarvolgens te lewe.

Geloof

Geloof

Daar is sekere terme wat nie in die Bybel gedefinieer word nie – soos die Drie-eenheid. Geloof word egter duidelik in Hebreërs 11:1 gedefinieer: Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Ons fokus ons hart en verstand op ‘n werklikheid wat buite ons is – beide in tyd en verstaan. Dit is voor ons (wat ons hoop) en bo ons (wat ons nie sien nie).

en dinge wat ons nie sien nie, verwys nie na dinge wat ons ons verbeel nie. Dit verwys na werklikhede wat ons deur die Bybel ken. Paulus sê: Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus (Romeine 10:17).