Whenever two people meet, there are really six people present. There is each man as he sees himself, each man as the other person sees him, and each man as he really is. –William James,sielkundige en filosoof (1842-1910)
Die rol van die Apostoliese Geloofsbelydenis
[Ek gaan volgende jaar ‘n reeks oor die Apostoliese Geloofsbelydenis skryf. Hiermee ‘n kort inleiding en agtergrond tot die reeks.]
In Petrus se toespraak op pinksterdag (Handelinge 2:14 – 36) kry ons ‘n raamwerk van die Christelike geloof. Hierdie is ‘n beginpunt om die noodsaaklike punte van die geloof te verstaan – dit is wat die vroeë Christene bely en geglo het. Hulle het besef dat dit belangrik was om hulle geloof getrou te bely.