Wanneer sonde ernstig en genade oorweldigend is

When I feed the hungry, they call me a saint. When I ask why people are hungry, they call me a communist. -Helder Camara, aartsbiskop (1909-1999)

Wanneer sonde ernstig en genade oorweldigend is 

Baie gemeentes beklemtoon die belang van ‘n heilige lewe, maar lê min klem op God se aanvaarding van ons ten spyte van ons sondes. Ander gemeentes wil wettisisme vermy en is daarom huiwerig om mense tot deeglike selfondersoek en berou op te roep. Die 18de eeuse pastoor, John Newton beskou selfondersoek en genade as beide baie belangrik.

 

Hy voel dat Christene nie genoeg aandag en tyd gee vir deeglike selfondersoek nie. Beteken hierdie selfondersoek dat ons altyd skuldig en skaam moet voel? Newton gee twee riglyne:

  • Mense vul hulle harte met die gevare van wat hulle doen. Natuurlik is dit goed om jou probleem te erken, maar as dit al is wat jy vir jou hart sê, versag en hervorm dit nie jou hart nie. Die motivering is eintlik selfsugtig. Daarom bring dit slegs korttermyn verandering teweeg. Ons moet dieper ingaan op dit wat ons harte permanent verander – die genade van God in Christus aan die kruis. Ons moet vir ons harte wys die oneindige diepte waartoe Hy gegaan het sodat ons vry van sonde en veroordeling kan wees. Dit sal jou die gevaar en die erns van sonde laat besef.
  • Ons sondig nie net uit ‘n opstandige begeerte om ons eie meesters te wees nie, maar ook omdat ons vir dinge anders as God soek om ons te vervul.

As ons in genade wil groei, moet ons daarvan bewus wees dat ons sondaars  maar ook God se kinders is en dat Hy lief is vir ons. Ons moet ‘n begrip van ons sonde voor God hê en ‘n diepe begrip van ons eenheid met en aanvaarding deur God in Christus hê.

Rejoice in the Lord always, and again I say, Rejoice. We have little to rejoice in ourselves, but we have right and reason to rejoice in him. (“Letter XI, to the Rev. Mr. S.,” Works of John Newton, Vol. 6, 185-187)

 




Spurgeon: Christus se nimmereindigende genade

A preaching of the gospel that calls men and women to accept Jesus as Savior but does not make it clear that discipleship means commitment to a vision of society radically different from that which controls our public life today must be condemned as false – Lesslie Newbigins

Spurgeon: Christus se nimmereindigende genade

Charles Haddon Spurgeon was sekerlik een van die begaafdste predikers van alle tye. Ek wi vyf kort aanhalins uit preke van hom gebruik. Hulle kom uit Morning and Evening. Sermons at the New Park Chapel  en  Sermons at the Metropolitan Tabernacle. Hulle is beskikbaar by Bible Gateway op die internet.

Ons Here Jesus gee altyd en onttrek vir geen oomblik sy hand  nie. Solank as wat daar ‘n houer van genade is wat nog nie tot bo toe vol is nie, sal Hy nie ophou om olie in te gooi nie.

Hy is ‘n son wat altyd skyn;  Hy is manna wat altyd om die kamp val; Hy is die rots in die woestyn wat altyd strome van lewe uit sy sy voortbring; die reën van sy genade val altyd; die rivier van sy oorvloed oorstroom altyd sy walle; sy liefde is altyd aan die oorloop.

Die wet en/of genade

O think, that he who was master of all heaven’s majesty came down to be the victim of all man’s misery! —C.H. Spurgeon

Die wet en/of genade

Is daar nog enige sin in die gebooie en opdragte wat God aan Israel gegee het? Dink maar aan die voedselwette in Deuteronomium 14. Sommige van ons kry die Israeliete jammer oor die las wat hulle moes gedra het – niemand kan tog al die wette onderhou nie. Baie voel dat terwyl ons deur genade verlos is die Israeliete deur onderhouding van die wet verlos is. Is dit waar?

 

Die Hervormers het gepraat van drie funksies van die morele wet:

  1. Om die geregtigheid van God te bewys – om mense te veroordeel.
  2. Om burgerlike owerhede te lei om wetteloosheid en ongeregtigheid te bestry.
  3. Om aan gelowiges ‘n riglyn vir die lewe te gee.

Deuteronomium 6:20 – 25 maak dit duidelik: die wet is ‘n genadegawe van God vir die gelowiges sodat hulle presies weet wat Hy van hulle verwag – hulle hoef nie soos die ander nasies te raai of te eksperimenteer om die wil van God vas te stel nie. Gemotiveer deur dankbaarheid en eerbied sal hulle sy gebooie nakom.

As ons die verhouding tussen dade van die mens en genade wil verstaan, moet ons twee uiterstes vermy:

  1. Dat Moses die onderhouding van die wet as die basis vir die verbondsverhouding beskou het.6:21 – 23 het hy dit baie duidelik gemaak dat  Israeliete God se mense is net op grond van die Here se verlossingsoptrede in die verlede. Dit het niks met Israel se meriete te doen nie.
  2. Ons kan nie ‘n verhouding met die Here hê sonder om sy gebooie te gehoorsaam nie.. Moses sê dat as die oorsprong van gehoorsaamheid ware geloof en eerbied is, aanvaar die Here dit en reageer met seën en die lewe. In die afwesigheid van gehoorsaamheid kan ons aanvaar dat geloof afwesig is – die verbondsverhouding is verbreek en die Here reageer met ‘n vloek en die dood.

Ons kan nie God se verlossing verdien nie: Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God ; vrygespreek word nie … Almal het gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie (Romeine 3:20 en 23).

Volgende keer gaan ons kyk na die vraag: Wat beteken die verordeninge en die voorskrifte en die bepalings wat die Here ons God vir u gegee het?




Woorde uit die Bybel – Genade (3)

Maimonides.

Woorde uit die Bybel – Genade (3)

Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland.

Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan.

J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. [Teksgedeeltes kom uit Die Boodskap.]

In Die Boodskap word genade dikwels met goedheid vertaal.

‘n Lewe van genade is ‘n lewe van vryheid. Julle staan nie meer onder die loodsware las van die sonde nie. Daardie mag is vir altyd gebreek. Julle hoef ook nie meer al die reëls van die wet na te kom om God se guns te probeer wen nie. Julle leef nou net uit sy goedheid (Romeine 6:14). Maar waarvan stel genade ons vry?

  • Die heerskappy van die sonde. Lees net weer Romeine 6:14 wat hierbo aangehaal is.
  • Genade maak ons vry. Aanvaar God se genade in Jesus Christus en leef as ‘n vry mens.

    Volgende keer bespreek ons die woord Middelaar.