Genesis 20 – Herrie van Rooy
Jan vra: Genesis 20 sluit af met die vers: Want die Here het die moederskoot van die huis van Abimeleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham. Abimeleg laat haal vir Sara om sy vrou...
Jan vra: Genesis 20 sluit af met die vers: Want die Here het die moederskoot van die huis van Abimeleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham. Abimeleg laat haal vir Sara om sy vrou...
Johan vra: Vraag 1 Waar het Abel sy vrou gekry as hulle maar net op die oomblik 3 persone was? Vraag 2 Hoeveel skeppinngsverhale is daar in die Bybel ? Vraag 3 Was daar dinosourusse op die aarde en het...
4.7 Het alles presies só gebeur?
Dit lyk of die twee skeppingsverhale nie noukeurige beskrywings is van hoe God alles geskep het nie. ’n Hele paar trekke van die verhale wys in hierdie rigting. “Adam” en “Eva” is Hebreeuse name terwyl Hebreeus maar ’n jong taal was. Eers van Genesis 12 af is sprake van Abraham uit wie God dan Israel laat voortkom het. Eers daarna kon Hebreeus ontstaan het.
4.5 Genesis 2 – ’n verbondsverhaal?
Die verhouding tussen Genesis 1 en Genesis 2
Ons het in Genesis 1 en Genesis 2 twee verskillende verhale oor die skepping. Eintlik is die eerste verhaal nie net Genesis 1 nie, maar Genesis 1:1-2:4a, en die tweede verhaal begin dan by Genesis 2:4b. ’n Mens merk dadelik dat dit ’n ander verhaal is. In Genesis 1 is van “God” gepraat, in Genesis 2 van “die Here God”. Verder begin die eerste verhaal met die skepping van “die hemel en aarde”, maar die tweede verhaal met die skepping van “die aarde en die hemel”.