Alle Paaie lei na Jesus: Genesis 1 – 11
Alle Paaie lei na Jesus: Genesis 1 – 11 – Adrio König
Hoofstuk 4
In hierdie hoofstuk kyk ons na die skepping. Verskeie aspekte van die skepping gaan hanteer word. Ons begin met Genesis 1 – 11.
Hoofstuk 4
In hierdie hoofstuk kyk ons na die skepping. Verskeie aspekte van die skepping gaan hanteer word. Ons begin met Genesis 1 – 11.
Martie vra:
Wie het Adam sy naam gegee. Sien nêrens wie het sy naam vir hom gegee nie. En kan u my asb Gen 1:26 verduidelik. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape
Koos vra:
Ek wil graag meer weet aangande die hemelwesens: hoe lyk hulle? Kon die dogters in Genesis 6 nie sien dat daar n verskil tussen hulle en die mans was nie? Het ons enige ander inligting?
Jan Smith vra:
Genesis 1:1 sê In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Geen verduideliking word gegee wie God is nie. Hy stel Homself so bekend en dit is dit. Hoofstuk 3: 1 sê: Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die Here God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? en tree in gesprek met die twee mense wat my laat wonder of hulle nie al voorheen ontmoet het nie? Mens sê tog “How do you do?” of was dit nie vreemd dat ʼn slang kon praat nie? Seën vir u almal vir 2010.