Dit is heerlik in die hemel

Dit is heerlik in die hemel – Kobus Kok

Gawie vra:

Ek persoonlik het dit in die Bybel gelees,maar kan ongelukkig nie nou die plek vind,nadat iemand anders my gevra het waar dit so geskrywe staan naamlik: “Die Here sê self, dat dit so heerlik in die hemel is dat jy op aarde nie eers kan dink hoe heerlik dit daar is.”

Antwoord:

Dr Kobus Kok antwoord:

Konkordansie-voorkomste van die woord hemel in die Nuwe Testament

Ek het vir u al die voorkomste van die woord hemel en paradys in die Nuwe Testament opgesoek en hier onder aangetoon. U kan dan op u eie tyd deur die tekste gaan. Lees gerus Openbaring 4 wat die bekende troonsaal van God in die hemel beskryf. Kyk ook na die Engelse artikel (soek “throne room Revelation”) wat ek oor die tema geskryf het en die geweldige troos wat die teks ons bied, naamlik dat God voorsien, dat Hy in beheer is en dat Hy die Koning, Skepper en onderhouer van alles en almal is. In die hemel gaan ons in God se heerlike teenwoordigheid wees en sal ons nie pyn en lyding, honger of dors beleef nie. Die begeerlikheid van die aardse bestaan sal nie meer daar wees nie. Ons kan inderdaad daarna uitsien (vgl 2 Kor 5:2), maar moet nie die fout maak wat die gemeentelede in Tessalonika gemaak het om op te hou leef in die hede nie. Ons het steeds die verantwoordelikheid en voorreg om noú te leef en is nie geroep tot geestelike ontvlugting en emigrasie nie. God se lig en lewe breek elke dag nuut vir ons oop en ons kan nou al deur die krag van sy Gees ‘n voorsmakie kry van die hemel. Ons kan ook vir iemand anders die hemel laat oopbreek indien ons toelaat dat God deur ons in mense se lewens ‘n verskil maak.

 

Konkordansie soektog

(Mat 5:18)  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

(Mat 5:34)  Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie-nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;

(Mat 6:10)  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

(Mat 6:20)  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

(Mat 6:26)  Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

(Mat 8:20)  En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

(Mat 11:23)  En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word; want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe.

(Mat 11:25)  In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

(Mat 13:32)  wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.

(Mat 14:19)  Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.

(Mat 16:1)  En die Fariseërs en Sadduseërs het nader gekom om Hom te versoek en het Hom gevra om hulle ‘n teken uit die hemel te laat sien.

(Mat 16:19)  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

(Mat 18:18)  Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

(Mat 19:21)  Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.

(Mat 21:25)  Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel-dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

(Mat 22:30)  Want in die opstanding trou hulle nie en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.

(Mat 23:22)  en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

(Mat 24:29)  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.

(Mat 24:30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

(Mat 24:35)  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

(Mat 26:64)  Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.

(Mat 28:2)  En daar kom ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

(Mat 28:18)  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.

(Mar 4:4)  En terwyl hy saai, het ‘n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.

(Mar 4:32)  en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.

(Mar 6:41)  Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.

(Mar 7:34)  en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: Éffata, dit is: Gaan oop!

(Mar 8:11)  En die Fariseërs het uitgegaan en met Hom begin redetwis en van Hom ‘n teken uit die hemel gevra om Hom te versoek.

(Mar 10:21)  En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort-gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.

(Mar 11:30)  Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My.

(Mar 11:31)  En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel-sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

(Mar 13:25)  en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.

(Mar 13:27)  En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel.

(Mar 13:31)  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

(Mar 13:32)  Maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.

(Mar 14:62)  En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.

(Mar 16:19)  Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.

(Luk 2:15)  En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

(Luk 3:21)  En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;

(Luk 3:22)  en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae.

(Luk 4:25)  Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar ‘n groot hongersnood gekom het in die hele land,

(Luk 6:23)  Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.

(Luk 8:5)  ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.

(Luk 9:16)  Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit.

(Luk 9:54)  En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?

(Luk 9:58)  Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.

(Luk 10:15)  En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.

(Luk 10:18)  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.

(Luk 10:21)  In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

(Luk 11:2)  En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

(Luk 11:16)  En ander het Hom versoek en van Hom ‘n teken uit die hemel begeer.

(Luk 12:33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.

(Luk 13:19)  Dit is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en ‘n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke.

(Luk 15:7)  Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

(Luk 15:18)  Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,

(Luk 15:21)  En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.

(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.

(Luk 17:24)  Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.

(Luk 17:29)  Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.

(Luk 18:13)  En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!

(Luk 18:22)  En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou-verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.

(Luk 19:38)  terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!

(Luk 20:4)  die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?

(Luk 20:5)  Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel-sal Hy sê: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

(Luk 21:11)  En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.

(Luk 21:33)  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.

(Luk 22:43)  En ‘n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.

(Luk 24:51)  En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.

(Joh 1:32)  En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.

(Joh 1:51)  (1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.

(Joh 3:13)  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

(Joh 3:27)  Johannes antwoord en sê: ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.

(Joh 3:31)  Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.

(Joh 6:31)  Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.

(Joh 6:32)  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.

(Joh 6:33)  Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.

(Joh 6:38)  Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

(Joh 6:41)  Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.

(Joh 6:42)  En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal?

(Joh 6:50)  Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.

(Joh 6:51)  Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

(Joh 6:58)  Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het-nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.

(Joh 12:28)  Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.

(Joh 17:1)  Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik-

(Act 1:10)  En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle,

(Act 1:11)  wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.

(Act 2:2)  En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

(Act 2:5)  En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.

(Act 2:19)  En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.

(Act 3:21)  Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

(Act 4:12)  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.

(Act 4:24)  En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

(Act 7:42)  Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?

(Act 7:49)  Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?

(Act 7:55)  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

(Act 9:3)  En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af;

(Act 10:11)  hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.

(Act 10:12)  Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.

(Act 10:16)  En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.

(Act 11:5)  Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in ‘n verrukking van sinne het ek ‘n gesig gesien: ‘n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos ‘n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.

(Act 11:6)  En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.

(Act 11:9)  En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

(Act 11:10)  En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.

(Act 14:15)  en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

(Act 14:17)  al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.

(Act 17:24)  Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.

(Act 19:35)  Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?

(Act 22:6)  Maar terwyl ek op reis was en naby Damaskus kom, het daar op die middag skielik ‘n groot lig uit die hemel my omstraal,

(Act 26:13)  het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad ‘n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.

(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

(Rom 10:6)  Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;

(1Co 8:5)  Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is-soos daar baie gode en baie here is-

(1Co 15:47)  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.

(2Co 5:2)  Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

(2Co 12:2)  Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede-of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit-dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

(Gal 1:8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!

(Php 2:10)  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,

(Col 1:23)  as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.

(1Th 4:16)  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

(2Th 1:7)  en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele

(Heb 9:24)  Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;

(Heb 11:12)  Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit ‘n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is.

(Heb 12:26)  Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.

(Jas 5:12)  Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.

(Jas 5:18)  en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

(1Pe 1:12)  Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is-dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

(1Pe 3:22)  wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

(2Pe 1:18)  En hierdie stem het ons uit die hemel hoor kom toe ons saam met Hom op die heilige berg was.

(1Jn 5:7)  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

(Rev 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

(Rev 4:1)  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.

(Rev 4:2)  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.

(Rev 5:3)  En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.

(Rev 5:13)  En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

(Rev 6:13)  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;

(Rev 6:14)  en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;

(Rev 8:1)  En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent ‘n halfuur lank.

(Rev 8:10)  En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine.

(Rev 8:13)  En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

(Rev 9:1)  En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.

(Rev 10:1)  En ek het ‘n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met ‘n wolk, en ‘n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;

(Rev 10:4)  En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het ‘n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie op nie.

(Rev 10:5)  En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,

(Rev 10:6)  en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;

(Rev 10:8)  En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.

(Rev 11:6)  Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hulle profesie geen reën val nie; en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander en om die aarde te tref met allerhande plae so dikwels as hulle wil.

(Rev 11:12)  En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

(Rev 11:13)  En in dié uur het daar ‘n groot aardbewing gekom, en ‘n tiende van die stad het geval, en sewe duisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring.

(Rev 11:15)  En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

(Rev 11:19)  En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

(Rev 12:1)  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;

(Rev 12:3)  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;

(Rev 12:4)  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.

(Rev 12:7)  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;

(Rev 12:8)  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.

(Rev 12:10)  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

(Rev 13:6)  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

(Rev 13:13)  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.

(Rev 14:2)  En ek het ‘n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van ‘n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.

(Rev 14:7)  En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.

(Rev 14:13)  En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

(Rev 14:17)  En ‘n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook ‘n skerp sekel gehad;

(Rev 15:1)  En ek het ‘n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig.

(Rev 15:5)  En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.

(Rev 16:11)  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

(Rev 16:17)  En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

(Rev 16:21)  en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

(Rev 18:1)  En ná hierdie dinge het ek ‘n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

(Rev 18:4)  En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.

(Rev 18:5)  Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou.

(Rev 18:20)  Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!

(Rev 19:1)  En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!

(Rev 19:11)  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

(Rev 19:14)  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.

(Rev 20:1)  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.

(Rev 20:9)  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.

(Rev 20:11)  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.

(Rev 21:1)  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

(Rev 21:2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

(Rev 21:3)  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

(Rev 21:10)  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;

(Luk 23:43)  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

(2Co 12:4)  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.

(Rev 2:7)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

(2 Kor 5:2) Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word…

Skrywer: Dr Kobus Kok

 




Die Groot Geloofswoordeboek: Nuwe Aarde

Die Groot Geloofswoordeboek: Nuwe Aarde

Nuwe aarde

(*Hemel, *Wederkoms)

Die verwagting van ‘n nuwe aarde kom ‘n paar keer in die Bybel voor (Jes 66:22 ev; 2 Pet 3:13; Op 21:1 ev). Daarmee saam kry ons die belofte van ‘n nuwe Jerusalem (Op 21:2 ev), wat ook al in Jesaja 65:18 ev veronderstel word.

In die Lutherse teologie is die gedagte dat hierdie ou aarde ver­nietig gaan word en dat die Here ‘n ander aarde in sy plek sal maak. Hulle beroep hulle daarvoor op 2 Petrus 3:10-11 waar ons twee keer lees dat alles sal verbrand en vergaan, en dat ons volgens God se be­lofte ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde ver­wag.

In die Gereformeerde teologie kry ons die gedagte dat die ou aarde nie vernietig sal word nie, maar nuut gemaak sal word, en wel deur ‘n radikale krisis heen. Die nuwe aarde sal dus dieselfde aar­de wees, net heeltemal nuut. Daar is nie soseer ‘n duidelike Skrif­verwysing waarop hierdie siening berus nie, maar eerder ‘n argument. As God die ou aarde heeltemal sou vernietig, sou dit beteken dat Hy ‘n neerlaag teen die duiwel gely het, dat Hy nie sy oorspronklike doel kon deurvoer om op hierdie aarde met mense in gemeenskap te leef nie, maar dit wat Hy gemaak het, moet vernie­tig en iets anders, ‘n ander aarde, in sy plek moet maak. Daarom meen Gereformeerdes dat die herskepping van die ou aarde juis die trou sal bevestig van God wat nie die werk van sy hande laat vaar nie (Ps 138:8).

‘n Verdere argument word gebou op ‘n vergelyking tussen die mens en die aarde. Ook mense is deur sonde aangetas, maar God vernietig nie ‘n mens en maak ‘n ander mens in sy of haar plek nie, Hy maak die sondaarmens nuut. Dit is dieselfde mens wat van die sonde vry gemaak en nuut gemaak is. Die term *wedergeboorte is veelseggend, en daar word ook van die wedergeboorte van die aarde gepraat, en dat alles nuut gemaak word, nie vernietig word nie (Matt 19:28, 1953-vertaling; Op 21:5). Die “vernietig” van 2 Petrus moet dan in hierdie lig verstaan word: ‘n radikale verandering en herskepping.

 

Herskep én oortref

Die breedvoerige voorstelling van die nuwe hemel, die nuwe aarde en die nuwe Jerusalem teen die einde van Openbaring, het twee motiewe: herskep en oortref. Daar is duidelik ‘n herskeppingsmo­tief. Genesis 1 verwys na die hemel en die aarde, Openbaring 21-22 ook. Genesis 2 het ‘n rivier en bome, Openba­ring ook (22:1-2). Aan die begin is God by die mense, teen die einde ook. Aan die begin is daar nie trane, smart en dood nie, teen die einde ook nie (21:4).

Ook die oortreffingsmotief is duidelik. Uit Openbaring 21-22 is dit sonder meer duidelik dat daar ‘n lang geskiedenis verloop het sedert die begin. Daar is sprake van Israel en ‘n tempel en die nasies en konings en die apostels. Maar die opvallendste is die oorgang van ‘n tuin na ‘n stad, van die tuin van Eden na die nuwe Jerusalem. Hierdie blote feit sê baie. In die Bybelse tye was ‘n stad ‘n vesting van veiligheid teenoor die platteland wat baie onveilig was omdat mag daar geseëvier het.

En die oorvloed en luuksheid waarmee die eindstad be­skryf word, is vir daardie tyd eenvoudig oorweldigend. Die stads­muur se (twaalf!) fondamente is met edelstene versier, die twaalf poorte is elk­een uit ‘n pêrel gekap, die strate is van goud. Vir enige era is dit oorweldigend, wat nog vir die tyd toe die boek geskryf is! Dit is on­eindig meer as Genesis 2 se tuin. En die veiligheid: die stadspoorte word nooit eens gesluit nie ter­wyl gerubs en ‘n vlammende swaard die toegang tot die tuin versper het (Gen 3:24).

Die simboliek van die stad is net so ryk. Die name van die twaalf stamme van Israel staan op die poorte, en die twaalf apostels s’n op die fondamente. Dit beteken die totale Godsvolk van die Ou en die Nuwe Testament is daar verteenwoordig. Die stad se lengte, breedte en hoogte is dieselfde, ‘n kubus. Dit is die simbool van vol­maaktheid. En onthou nou dat hierdie stad eintlik die bruid self is (21:2, 9 ev). Die volmaakte bruid op die nuwe aarde!

Dit is die wonderlike beskrywing van die heerlikheid wat God vir sy skepping en in besonder vir sy kinders voorberei. (*Ver­vulling van profesieë)

En die hemel? Gaan ons dan nie eendag hemel toe nie? Of kom die hemel dalk na ons toe? (*Hemel)

 

Skrywer: Prof Adrio König




Die Groot Geloofswoordeboek: Die Hemel

Die Groot Geloofswoordeboek: Die Hemel

Hemel

Daar is minstens drie betekenisse vir die woord “hemel” in die Ou Testament:

1.            Die hele groot ruimte bo die aarde wat saam met die aarde die volle skepping van God is (“hemel en aarde” Gen 1:1).

2.            Die firmament of blou koepel wat die water daarbo afskei van die water op die aarde, en waarin die “vensters” is waardeur die reën val (Gen 1:7-8; Mal 3:10).

3.            Die eintlike woonplek van God wat teenoor die aarde staan wat Hy as die woonplek van die mense gemaak het (Ps 115:16).

In die Nuwe Testament is dit veral die hemel as die woonplek van God wat na vore kom. Christus leer die dissipels bid tot ons Vader wat in die hemel is (Matt 6:9). Christus het van die hemel gekom en na die hemel teruggekeer (Joh 3:13; Luk 24:51). Veral die brief aan die Hebreërs het heelwat oor Christus se huidige teenwoordigheid en werk vir ons in die hemel, in die “heiligdom” na aanleiding van die heiligdom in die tempel (Heb 8:1 ev; 9:23 ev). Die Heilige Gees is uit die hemel gestuur (1 Pet 1:12), en dit is ook die woonplek van die engele (Matt 18:10).

 

Waar is die hemel?

Dit is ‘n vraag wat nooit in die Bybeltye gevra sou word nie, maar vandag word dit dikwels gevra. In die Bybel word ‘n drieverdie­ping-*wêreldbeeld veronderstel: die hemel is daarbo (nie te ver van die aarde af nie), die aarde in die middel, en die doderyk onder die aarde. Tydens sy hemelvaart sien die dissipels dan ook hoe Jesus opvaar en deur ‘n wolk weggeneem word.

Vandag het ons ‘n ander wêreldbeeld. Daar is nie regtig ‘n bo en ‘n onder in die heelal nie. Op aarde is “bo” na alle kante wat weg­wys van die aarde af, wat beteken dat “bo” in Suid-Afrika en Austra­lië in twee teenoorgestelde rigtings is. Die heelal is ook onein­dig gro­ter as wat die Bybelskrywers gedink het. Ons kan dus nou moei­lik nog die voorstelling deel dat Jesus iewers heen deur die ruim­te beweeg het. Selfs teen die spoed van lig sou Hy nou nog maar net 2 000 ligjare van die aarde af gewees het, en dit sal Hom 100 000 jaar neem om net uit ons melkweg te kom.

In terme van ons wêreldbeeld is dit dus makliker om te aan­vaar dat die hemel ‘n ander soort “plek” is, soms sê ons dit is in ‘n an­der “dimensie” al weet ons ook nie presies wat ons daar­mee bedoel nie. Wat ons wel weet, is dat die hemel die woonplek van God is. En dit is dalk onnodig om die “plek” so ver van die aarde af te soek. Dalk is dit baie “nader” aan ons as wat ons dink. Immers, God is naby dié wat eerbied vir Hom het, maar Hy is ver van die goddelose af. “Na­by” en “ver” het dus in hierdie ge­val ander betekenisse.

Gaan ons “eendag hemel toe”?

Die verwagting dat die kinders van God hemel toe gaan, is baie algemeen en beteken soveel vir baie van hulle. Hulle grond hierdie verwagting op ‘n aan­tal uitsprake in die Nuwe Testament. Die be­kendste is seker: “In die huis van my Vader is daar baie woonplek. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed ge­maak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem” (Joh 14:2 ev). Verder is daar Paulus se uitsprake: “Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring” (2 Tim 4:18) en: “Ons weet dat, wanneer ons aardse woning wat maar ‘n tent is, afgebreek word, ons ‘n vaste gebou in die hemel het” (2 Kor 5:1). Op grond van hierdie uitsprake glo baie Christene dat ons “eendag hemel toe gaan”.

Hierby kom ook nog ‘n paar uitsprake wat verwys na loon of ‘n erfenis of skatte in die hemel (Matt 5:12; 6:20; Luk 6:23; 1 Pet 1:4).

Beteken dit dat ons van die aarde af wegge­neem sal word hemel toe om dáár ewig by die Here te wees? Indien wel is daar twee vrae: Wat gebeur dan met die aarde? En verander God dan sy plan? Hy het die aarde tog gemaak as ons woonplek. Vat Hy ons nou weg van die aarde af hemel toe? En vernietig Hy die woonplek wat Hy vir ons gemaak het? Sou hier­die gedagte nie dalk beteken dat ons ons verantwoordelikheid teen­oor die aarde hier en nou verwaarloos nie? Daar is beskuldigings dat Christene se hemel­verlange hulle aandag van omgewingsbe­wa­ring wegtrek. Soms word selfs gesê: “They are so heavenly-minded that they are of no earthly use.”

In die lig van hierdie vrae kan ons teruggaan na die Bybel en weer kyk. Eerstens is daar ‘n interessante samehang tussen he­mel en aarde. Die Bybel begin (Gen 1:1) én eindig (Op 21; 22) met ‘n be­spreking van hemel en aarde, maar elke keer is die nadruk op die aarde en nie op die hemel nie. Tweedens is daar deur die hele Bybel ‘n soort eenrigtingverkeer van die hemel na die aarde.

God maak die aarde en kom besoek die mense hier. Hy vat hulle nie hemel toe as Hy hulle by Hom wil hê nie.

Hy kies Abraham om op aarde ‘n volk vir Hom te bou.

Hy kom woon onder hulle op aarde in die Allerheiligste in die tempel in Jerusalem.

Hy kom in Jesus aarde toe om ons te verlos.

Hy stuur die Gees aarde toe om in sy gemeente te kom woon, om ons te inspireer om die wêreld tot geloof op te roep, en om ons as sy bruid voor te berei.

En aan die einde laat Hy die nuwe Jerusalem uit die hemel op die nuwe aarde neerdaal en kom self op die nuwe aarde in die nuwe Jerusalem onder die nuwe mensdom woon.

Tussen die hemel en die aarde is daar deur die hele Bybel ‘n een­rigtingverkeer van die hemel na die aarde. Is dit dan nie vreemd dat ons ewige bestemming die hemel sal wees nie? En sê Jesus nie self dat die sagmoediges die nuwe aarde sal ontvang nie? (Matt 5:5)

Kan ‘n mens nie dalk die “hemel toe gaan”-tekste anders ver­staan nie? As ons lees dat daar vir ons ‘n loon of ‘n erfenis of skatte in die hemel bewaar word (Matt 5:12; 6:20; Luk 6:23; 1 Pet 1:4), sou dit kon beteken dat dit uiteindelik by wyse van spreke saam met die nuwe Jerusalem uit die hemel sal neerdaal op die nuwe aarde?

En dan die gedagte dat die Here Jesus vir ons gaan plek berei het en ons dan na Hom toe sal kom haal, en dat ons na ons dood in die hemel ‘n vaste gebou het, en dat Paulus op pad is na die hemelse koninkryk (Joh 14:2 ev; 2 Tim 4:18; 2 Kor 5:1). Sou dit kon beteken dat Jesus ons by sy wederkoms kom haal na die plekke wat Hy in die nuwe Jerusalem vir ons voorberei het, die plek wat op die nuwe aarde gaan neerdaal waarheen Hy ons dan neem om ewig by Hom te wees? En net so ons gebou in die hemel en die hemelse koninkryk? Daal dit nie saam met die nuwe Jerusalem uit die hemel op die nuwe aarde neer nie?

En ons hemelverlange? Dit behoort tog nie iets anders te wees as ons verlange na God en sy teenwoordigheid nie? Maar Hy kom mos self uit die hemel neer om op die nuwe aarde by ons te bly. Is dit dan nie op die ou end “hemel op aarde” nie? Dan behou ons die hemel én die aarde, maar dit is die hemel op die aarde, wat beteken dat God sy plan met ons en die aarde uitvoer: Hy saam met ons op die (nuut gemaakte) aarde in sy hemelse teenwoordigheid. (*Tussentoestand, *Nuwe aarde)

Die een nadeel van ‘n eensydige “hemelverlange” en “hemel toe gaan” is dat dit neig om ons te vervreem van die aarde. Die aar­­de is ons woonplek, nou en vir altyd. Op die aarde lê ons ver­antwoordelikheid, nou en vir altyd. Vir die aarde is ons ver­ant­woordelik, nou en vir altyd. Ons het in Genesis 2 selfs die beeld dat ons uit die stof van die aarde gemaak is, en die woord Adam kan verwys na die rooi stof.

Skrywer: Prof Adrio König




Skatte in die hemel (2)

Skatte in die hemel (2) – Dirk Venter

Helga vra:

Goeie dag, Dankie vir so unieke webblad! Ek moet met klein kindertjies tussen 2 – 7 jaar ‘n lessie doen oor skatte in die hemel bymekaar maak. Is die skatte op hulle vlak meer, liefde te wys, mededeelsaamheid, getrouheid aan God. Hoe verduidelik mens so iets aan klein kindertjies?

Antwoord:

Ds. Dirk Venter antwoord:

Die teksgedeelte waarna hier verwys word is Matteus 6:19-21 – 19 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20 Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21 Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

‘n Belangrike ander teksgedeelte wat ook na ‘n skat in die hemel verwys (en dus ook meer lig op die bostaande teksgedeelte kan werp), is Matteus 19:16-22 (die ryk jongman wat nie al sy aardse skatte aan die armes wou gee om dan vir Jesus te begin volg nie; ook in Markus 10:17-31 en Lukas 18:18-30). Matteus 13:44, waar die koninkryk van die hemel self met ‘n skat in ‘n saailand vergelyk word, is ook ‘n verwante beeld. Laastens verwys Jakobus 5:1-6 en 1 Timoteus 6:17-19 ook na hierdie uitspraak van Jesus en help dit ons om dit reg uit te lê.

Ons neem Matteus 6:19-21 as vertrekpunt. Daar word ‘n onderskeid getref tussen “skatte op aarde” en “skatte in die hemel”. Die groot verskil tussen die twee is dat “skatte in die hemel” ewigdurend is, terwyl “skatte op aarde” tydelik hou. Waardevolle klere kan deur motte beskadig word, waardevolle ysterware kan deur roes verniel word en ander waardevolle items, soos byvoorbeeld juweliersware of goud, kan deur diewe gesteel word. Dit maak baie meer sin om jou “skatte” op ‘n plek te hê waar dit gaan hou, eerder as waar dit gaan verniel of gesteel kan word – dus: kry skatte in die hemel.

Die vraag is egter: wat is hierdie skatte en wanneer maak ‘n mens hulle vir jouself bymekaar? Om dit te kan beantwoord, moet ons na die groter konteks kyk waarbinne Matteus 6:19-21 staan, naamlik die hele Matteus 6. “Skatte” wat bymekaar gemaak word, verwys in hierdie konteks na die beloning wat ‘n mens ontvang vir die goeie dade wat jy as gelowige doen. Matteus 6:1 dui ons in hierdie rigting: “Moenie julle godsdienstige pligte in die openbaar nakom om deur mense gesien te word nie, want dan kry julle geen beloning van julle Vader wat in die hemel is nie.” Hierna word daar drie voorbeelde van “godsdienstige pligte” oftewel “goeie werke” genoem, wat mense soms in die publiek sal doen om daarvoor geëer te word deur ander mense: hulp aan armes (6:2-4) gebed (6:5-15) en vas (6:16-18). Telkens sê Jesus dat skynheiliges, wat hierdie dinge doen om daarvoor geprys te word, reeds hulle beloning ontvang het in die vorm van dié lof wat mense hulle gebring het (6:2, 5, 16). Die regte manier van doen is om hierdie goeie dade eerder te doen sonder dat ander daarvan weet, omdat jy nie verwag dat mense jou daarvoor moet eer of beloon nie. As dít jou gesindheid is, sal die Vader Self jou daarvoor beloon (6:4, 6, 18). 

Gevolglik gaan Matteus 6:25-34 ook voort om ons te wys op die regte fokus van ons lewens – nie die verganklike dinge van hierdie aardse lewe nie, want God sal daarvoor sorg! Ons eerste prioriteit moet wees om God se koninkryk te bevorder en sy wil te doen. So dien ons vir God en nie vir Mammon (rykdom) nie (Matteus 6:24). Ons harde werk (“goeie werke”) word dus gedoen in diens van God en sy koninkryk, nie in diens van ons eie bankbalans (“skatte op aarde”) nie. (Dit beteken natuurlik nie dat ons nie spaarsamig moet wees, voorsiening moet maak vir aftrede ens. nie, maar dat God se wil en koninkryk selfs vir ons ‘n hoër prioriteit moet wees. As ons dan moet kies tussen gehoorsaamheid aan God en ‘n paar ekstra rand in die bank, sal ons eerder gehoorsaam aan God wees as om bv geld te maak op ‘n oneerlike manier of om mense te na kom deur iets van hulle te weerhou wat jy eintlik kon gegee het – vgl Jakobus 5:1-6.)

 Die agtergrond waarteen die Matteus 6 teks oor skatte in die hemel gelees moet word, is dus dat God van ons verwag om goeie werke te doen, maar met die regte motief. Ons motief moet wees dat ons ons beloning eendag van God Self verwag – nie dat ons nou deur mense geëer of (fisies) beloon wil word, of omdat ons ryk wil word nie. God se beloning is ewigdurend, terwyl die belonings wat ons in hierdie lewe kan ontvang, of dit nou in die vorm van eer of ander skatte is, ten beste tydelik is.

 Wat ons moet doen om deur God in die hemel beloon te word met ewigdurende skatte, is om “ryk te wees in goeie dade” (1 Timoteus 6:18), insluitende: vrygewigheid, mededeelsaamheid, deur reg te laat geskied aan jou medemense (bv aan jou werknemers deur hulle te betaal wat hulle toekom wanneer dit hulle toekom), deur goed te wees vir armes ens. Let daarop dat die teksgedeeltes wat hieroor handel dikwels die weggee van jou aardse besittings ten bate van ander, koppel aan die ontvang van ‘n beloning in die ewigheid vanaf die Vader. Om te kan gee is deel van wat dit beteken om dienaar van God te wees – daarteenoor kan ‘n dienaar van die geldgod nie geld of besittings weggee nie.

 ‘n Voorstel in verband met ‘n manier om dit aan klein kinders te verduidelik, is om dit baie prakties te probeer maak. Dink aan ‘n eenvoudige takie wat hulle moet doen met die oog daarop om daarvoor beloon te word, soos bv. om ‘n prentjie in te kleur van iemand wat iemand anders help. Wanneer hulle klaar is, kan hulle kies tussen twee soorte belonings: een wat hulle dadelik kan kry, sigbaar en aanloklik, miskien lekkers wat hulle sommer vinnig kan opeet; en ‘n ander waarvoor hulle sal moet wag tot later, iewers weggesteek en hulle mag nie weet wat dit is nie, miskien ‘n klein speeldingetjie wat nie dadelik opgebruik gaan word nie maar (langer) gaan hou. (Die onsigbare beloning moet beter wees as die een wat hulle dadelik kan kry, maar moenie vir hulle sê wat dit gaan wees nie). Laat hulle hulle keuse maak (tussen dadelik of later), en gee dan vir dié wat dadelik beloon wou word hulle prysie. Verduidelik dan die teksgedeelte van die skatte in die hemel en dat dit beter is om te werk vir die belonings wat God hierna in die ewige lewe vir ons gaan gee as om jou lewe toe te wy aan die bymekaarmaak van skatte hier op aarde, wat in elk geval tydelik is en gaan vergaan (soos ‘n lekkertjie wat klaar opgeëet is). ‘n Mens kry wel nie die plesier om dadelik beloon te word nie, maar God se skatte is beter en dit hou, daarom is dit die moeite werd om nou daarvoor te werk, al moet jy wag om dit eendag in die hemel te kry. Verduidelik ook voorbeelde van hoe die goeie werke lyk wat deur God beloon sal word, bv vrygewigheid ens. Stel die uitdaging aan dié wat reeds lekkers gekry het om dit met die ander te deel. Gee dan vir dié wat bereid was om te wag en vir die wat bereid was om hul lekkers te deel, hulle groter, meer langdurige prysies. Dit mag dalk vir dié wat nie wou deel nie ‘n ongemaklike maar durende lewenslessie wees: om nie vas te klou aan goed wat nou bevredig nie, maar die oog op die hemelse prys in te stel!

 

Skrywer: Ds Dirk Venter