Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (4)
Geloofsvrae: Jesus Christus: Aardse Optrede (4) – Adrio König
Die duiwel en die bose magte
Die apokaliptiese (`bonatuurlike’) agtergrond van Jesus se prediking en optrede maak ook vir ons duidelik waarom die duiwel in die NT in ‘n nuwe gestalte optree. Ons vergeet soms dat daar tussen die OT en die NT ‘n baie duidelike ontwikkeling was in die siening van die duiwel.