Anyone who wants to go to heaven must first go to the cross. —Philip Ryken
Josef – die held
In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria (Lukas 1:26 – 27).
Josef is eintlik ‘n held in die Kersverhaal. Baie min word van hom gesê, maar hy was ‘n regverdige man. Verlowing destyds was anders as wat dit vandag is. Volgens die rabbi’s was daar twee stadia in die Joodse huwelik:
- Die verlowing. Dit was wetlik net so bindend as die huwelik self. As enigeen sy beloftes verbreek, was ‘n formele egskeiding nodig om die huwelik nietig te verklaar. Hierdie verlowing duur 12 maande. In hierdie tyd het hulle geen fisiese verhouding met mekaar nie en slaap in afsonderlike huise.
- Daarna volg die huwelik. Die huwelikseremonie het sewe dae geduur.