Is kennis belangrik?
There can be nothing in the universe that fails to express, to incarnate the revelation of the thought of God – Abraham Kuyper.
Is kennis belangrik?
Ons kry nogal ‘n hele paar verse in die Bybel wat die waarde van kennis bevraagteken. Hier is ‘n paar voorbeelde:
- Baie wysheid stel hoë eise, wie kennis versamel, versamel smart (Prediker 1:18).
- Jou wysheid en jou kennis het jou mislei (Jesaja 47:10).
- Want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God. Daar staan tog geskrywe: :Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne (1 Korintiërs 3:190.
Beteken dit nou dat die Bybel geen respek vir kennis het nie?
Dieselfde Prediker wat ek daarbo aangehaal het, sê ook: Kennis en wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit (7:12). Hoe nou gemaak? Kry ons teenstrydige uitsprake oor kennis in die Bybel? Nee. Paulus in sy skrywe aan sy jong leerling los ons probleem op: Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is. Vermy die onheilige en sinlose praatjies en die redenasies van die “kennis”, soos die verkeerdelik genoem word (1 Timoteus 6:20). Is die Bybel teen kennis? Nee. Wat die Bybel wel doen, is om tussen ware en vals kennis te onderskei. Ons moet altyd hierdie onderskeid in gedagte hou.
Opsommend:
- Die Bybel inspireer respek vir ware kennis.
- Die Bybel waarsku ons teen vals kennis.
Hoe kan ons tussen ware en vals kennis onderskei? Kennis begin met die dien van die Here (Spreuke 1:7).