DIE KERK (5)
(God) to create all things at first, and now inclines him to preserve them, we shall find that there could be no other cause than his own goodness – Calvyn
Die kerk (5)
Ons het nou na drie beelde van die kerk gekyk: die huisgesin, die liggaam en die kudde. Ons kom nou by die laaste beeld wat ek gaan beskryf. Beeld #4: Die bruid van Christus
In die laaste blog kyk ons na ‘n artikel van Ben Witherington III oor hierdie saak.
Calvyn Die kerk (4)
Ons het na tweede beelde van die kerk gekyk: die kerk as huisgesin van God en die kerk as liggaam van God. Ons kom nou by die derde beeld. Beeld#3: Die kudde van God
‘n Belangrike beeld vir kerke vandag is die herder wat sy verlore skape soek. Ons is meer gemaklik om om te sien na die skape in die kraal en doen niks aan dié buite die kraal nie. Christus se voorbeeld dring ons om uit te gaan en verlore skape te soek. Dit is nie maklik om hierdie verlore skape in die midde van die gemeente te ontvang nie. Ons vreugde moet wees as ons een wat afgedwaal het weer vind. Natuurlik moet ‘n herder sy kudde versorg. In Psalm 23 lees ons van skape wat rus in groen weivelde en gebring word na waters waar rus is. In Johannes 10 sê die skrywer dat die skape die herder se stem ken en daarom volg hulle hom. Die kudde kan onderskei. Volgende keer kyk ons na die laaste beeld: Die kerk is die bruid van Christus.
Calvyn In die vorige blog het ons na die kerk as huisgesin van God gekyk. Ons kyk nou na ons tweede beeld. Beeld #2: Die liggaam van Christus
Ons kry hierdie beeld in verskeie van Paulus se briewe. Hierdie beeld dra kenmerke soos interafhanklikheid en aktiwiteit oor. Aktiwiteit is lewensnoodsaaklik vir die kerk. Die verskillende liggaamsdele pas bymekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie en so bou die liggaam homself op in liefde (Efesiërs 4:16). Elkeen het ‘n funksie en moet dit vervul. Gebeur dit nie, kan die kerk nie optimaal funksioneer nie. In Efesiërs 4:4 – 13 beskryf Paulus die gawes wat God aan die liggaam gegee het. Hoekom gee Hy hierdie gawes: Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. As Christus se liggaam is ons sy versorgingsagente op aarde. Hierdie beeld maak dit duidelik dat daar nie “mindere” lede van die liggaam is nie. Vir optimale funksionering moet alle lede betrokke wees. Kerke moet beklemtoon dat hulle een doel het – al verskil hulle van mekaar. Dit bring ons nou by die derde beeld van die kerk in die Bybel: die kudde van God.
Calvyn Die Kerk (2)
In die vorige blog het ek probeer aantoon dat die kerk ‘n belangrike plek in God se plan vir die wêreld speel. Ons kyk nou na ‘n paar beelde van die kerk soos ons dit in die Bybel kry. Dit word beweer dat daar meer as negentig beelde van die kerk in die Bybel beskryf word. Dit is omdat geen enkele beeld die volle belang van die kerk kan beskryf nie. Ons gaan in die volgende blogs na vier van hierdie beelde kyk. Beeld #1: Die huishouding van God Mense wat saam in ‘n huishouding leef, is ‘n intieme toneel van liefde. Paulus skryf aan Timoteus: Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid (1 Timoteus 3:15). In Efesiërs 2:19 verwys hy na die gelowiges as lede van die huisgesin van God. Liefde in die kerk straal uit hierdie beeld van die kerk as huisgesin. In ‘n huisgesin is dit belangrik dat lede mekaar moet liefhê.
Ons moet ons medegelowiges liefhê, maar ons moet ook maniere vind om te verseker dat ander mense ook die goeie nuus van ons Vader hoor. In die huisgesin sorg ons vir diegene wat minder bevoorreg as ons is. Dien ons nog die minder bevoorregtes in ons gemeenskappe? Wat nou van al die gevegte in die kerk? Gesinslede baklei ook. Solank as wat ons nog hier op aarde is, is die kerk ‘n disfunksionele gesin. Dit is omdat gesinslede staan op hulle regte en hulle eie voorkeure wil afdwing – in plaas van ons oë op die oes gerig te hou. Volgende keer gaan ons na die tweede beeld van die kerk in die Bybel kyk: die liggaam van God. In enige huweliksverhouding moet daar liefde en trou wees. Maar wat behels hierdie beeld van die bruid?
Die kerk (4)
DIE KERK (3)
Die kerk (3)
DIE KERK (2)