Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die Kerk
Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware Kerk
Kenmerke van die ware kerk
- Woordverkondiging Sakramentsbediening Tug
Daar word gewoonlik onderskei tussen kenmerke en eienskappe van die kerk. Die kenmerke is die suiwer verkondiging van die Woord, die suiwer bediening van die sakramente en die suiwer toepassing van die tug.
*Eienskappe van die kerk behels eenheid, heiligheid, Christelikheid of apostolisiteit, algemeenheid of katolisiteit. (*Kerk)