Het ons ons godsdiens afgewater? Die Kerk (7)
We can stand affliction better than we can stand prosperity, for in prosperity we forget God. —D.L. Moody
Het ons ons godsdiens afgewater? Die Kerk (7)
Daar het die afgelope aantal jare heelwat boeke verskyn waarin gesê word dat die kerk sy boodskap afgewater het. (Michael Horton se Christless Christianity en David Platt se Follow Me. A call to die; a call to live is goeie voorbeelde hiervan) Ons aanvaar sekere waarhede en bid die sondaar se gebed en glo alles is reg – ons is nou Christene. Maar dit is nie waar nie.
Dawson Trotman het jare gelede ‘n klein boekie Born to Reproduce geskryf. Wat hy sê, is dat God in die mens die begeerte om voort te plant gegee het – Christene verlang om te sien hoe sondaars gered word.