Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Jesus se gelykenisse (1)
The surest way to corrupt a youth is to instruct him to hold in higher esteem those who think alike than those who think differently. -Friedrich Nietzsche, filosoof (1844-1900)
Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Jesus se gelykenisse (1)
Die koninkryk van God is ‘n baie algemene tema in die Bybel. Ek gaan ‘n hele aantal blogs gebruik om te probeer vasstel wat dit is en hoekom dit belangrik is. Ek gaan onder ander gebruik maak van The Kingdom of God: Christopher W. Morgan en Robert A. Peterson (reds) 2012.
Jesus se gelykenisse hou dikwels verband met die koninkryk van God. Kom ons kyk kortliks na ‘n paar van hulle:
- Die gelykenis van die saaier. Koninkryk is die middelpunt van hierdie gelykenis (13:1 – 9), Jesus se gesprek met sy dissipels (13:10 – 17) en die verklaring (13:18 – 23). Jesus beskryf kennis van die koninkryk as ‘n gawe van God: Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie (13:11).