Is ons deel van die wêreld se kultuur?

 

We can be sure our prayers are answered precisely in the way we would want them to be answered if we knew everything God knows. —Tim Keller

 Is ons deel van die wêreld se kultuur?

Ben Witherington het ‘n interessante artikel geskryf waarin hy vra of ons as Christene nie moet ophou om in ontsteltenis uit te roep nie, maar eerder te dink hoe ons dieselfde as die Christene van die eerste eeu kan doen: wees Christene teen die huidige kultuur wat net daardie waardes aanvaar wat ooreenstem met dié van die Christelike geloof. Geleidelik word ons wêreld meer en meer soos dié van Paulus – ons word ‘n minderheidsgodsdiens Hoe lyk so ‘n reaksie?

 

  • Ons verwerp ‘n benadering tot die lewe wat op vrees gebou is. Dink maar aan die geweld in die wêreld waar baie mense met vuurwapens rondloop. Ook: omdat ons dink die wêreld gaan in ieder geval vernietig word ignoreer ons die skeppingsmaandaat dat ons hierdie wonderlike wêreld van God moet versorg.
  • Christene moet ‘n standpunt  inneem oor sake, maar moet nie politieke partye blindweg ondersteun nie. Christene moet hulle eie navorsing oor die “nuus” doen en krities beoordeel. Moenie sommer enige nuus blindweg aanvaar nie. Tyd en die kultuur beweeg vorentoe – goed en sleg.
  • Christene moet ophou om op mekaar te skiet. Protestante, Katolieke en Ortodokse Christene moet oor die kern van die evangelie saamstaan – en die noodsaaklike etiese implikasies daarvan. As ons sê dat ons pro-lewe is, moet ons alles wat menslike lewe vernietig – aborsie, oorloë, ens – teenstaan.
  • Ons moet ons liggame begin hanteer soos ons ons hulpbronne hanteer. Ons liggame is ‘n tempel van God se Gees  en daarom moet ons dit met respek hanteer – hanteer dit soos ‘n gawe van God. Ons moet ons leefstyle vereenvoudig – raak ontslae van verkeerde kos en vuil energie.
  • Begin doen wat die Bybel oor weeskinders sê: voed hulle, neem hulle aan, versorg hulle.
  • Begin glo wat die Bybel oor eiendom sê – dit behoort aan God. Ons kan nie met ons eiendom doen net wat ons wil nie – ons moet daarmee doen wat God tevrede sal stel. Ons is rentmeesters en nie eienaars nie. Ons moet ons losmaak van die materialisme wat vandag die wêreld regeer.
  • Ons moet die waarheid praat vir diegene in magsposisies. Die pous het onlangs in die suide van Italië, die gebied waar die Mafia sterk is, die hele Mafia uit die Katolieke Kerk geban. Die anti-Christelike gedrag van leiers moet veroordeel word.
  • Ons moet ons vyande liefhê en vir diegene wat ons vervolg bid. Die eindelose siklus van geweld is nie hoe ‘n Christen op probleme reageer nie. Vergifnis en God se genade  is die enigste kragte wat die geweldsiklus kan breek. Jesus het selfs vir diegene wat Hom tereggestel het, gebid. Ons kan hierdie sake maar in die hande van die Here los.

 

Sjoe, dit slaan hard. Dink mooi oor eleen van hierdie voorstelle. Sal die wêreld nie ‘n beter plek wees as wat dit tans is nie?

 




Gelowiges in ‘n kultuur wat toenemend vyandig gesind is

The place where God has supremely destroyed all human arrogance and pretension is the cross. —D.A. Carson

Gelowiges in ‘n kultuur wat toenemend vyandig gesind is

‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg (Johannes 15:20).

Volgelinge van Jesus moet ongeregtigheid verwag. Daar is organisasies wat werk vir die beskerming van die regte van Christene. Maar ons moenie onsself as ‘n spesiale belangegroep sien wat kla as mense nie van ons hou nie. God se mense het ‘n lang geskiedenis van mense wat nie van hulle hou nie.

Dit beteken nou nie ons moet daarna soek om gehaat te word nie. Dit is belangrik dat ons die evangelie reg verteenwoordig.

Vriendelikheid, die hart van ‘n dienaar en liefde is noodsaaklik as ons die waarheid praat. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense (Romeine 12:18).

Die evangelie is goeie nuus, maar dit beledig ook sommige mense. Mense hou nie daarvan om sondaars genoem te word nie; mense hou nie daarvan om te hoor dat hulle behoort in die hel te eindig nie. Geliefdes, moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie (1 Petrus 4:12).

As ons ons oë op iemand anders as Jesus vestig sal ons nie die stamina hê om kritiek en selfs openlike vyandigheid te verduur nie. As ons nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie (Galasiërs 1:10).

Jesus is ons gehoor van Een; ons sal voor sy regterstoel staan – voor niemand anders s’n nie. Ons moet daarna uitsien om Hom te hoor sê: “Mooi so goeie en getroue slaaf.” Wat ander mense dink, is nie van belang nie.

 

 




Het die kultuur ons geloof vasgevang?

God does not, for our convenience, become a direct object of scientific investigation, since God by definition is not finite and thus not subject to the measurements required by empirical sciences. — Thomas Oden

Het die kultuur ons geloof vasgevang?

Nadat Konstantyn, die Romeinse keiser,  die Christelike geloof gewettig het, het Pous Sylvester (pous van 314 – 335) ‘n droom gehad. Hy verstaan sy droom soos volg: “Nou is gif in die kerk gegooi.” Of die pous nou werklik dit gedroom het, is onseker, maar dit weerspieël ‘n werklikheid dat iets giftig besig is om met die kerk te gebeur. Marcus Borg sê dit het gebeur toe die kerk ‘n bondgenoot van die heersende kultuur geword het.

 

 Hierdie beeld van die kerk wat vergiftig is, verwys na “die kulturele gevangeneming van die kerk.” Dit beteken dat die kerk gekoöpteer word deur en die gebruike van die kultuur navolg. Hierdie gebruike gaan meestal oor oorheersing, mag en rykdom.

 Die nakom deur die kerk van die waardes van die dominante kultuur is deel van die geskiedenis tot vandag toe nog. Toe die heersende kultuur slawerny goedgekeur het, het meeste Christene dit aanvaar. Hierdie kulturele gevangenskap vorm steeds Christene. Ons kan nie verhoed dat die kultuur waarin ons grootgeword en gelewe het ons vorm nie, maar ons moet bewus wees op watter maniere ons gevorm is en dat die Christelike geloof se siening van hierdie dinge mag verskil.

 Borg bespreek dan een so ‘n waarde wat ons Christelike geloof gevorm het: die etos en ideologie van individualisme. Ons moenie individualisme as ideologie met die waarde van individue verwar nie. Vir God is almal belangrik. Individue, individuele regte en menseregte is belangrik.

 Individualisme as ideologie is iets heeltemal anders. Dit is die siening dat ons lewens bepaal word deur ons individuele prestasies. Diegene wat goed doen in die lewe, doen goed, want hulle het hulle geleenthede gebruik – die “selfgemaakte mens.”

 Diegene wat sukses behaal verdien die vrugte van dit wat hulle bereik het. Dit gaan egter verder. Moraliteit gaan nou primêr oor persoonlike optrede. Dit staan in teenstelling met sosiale moraliteit: kommer oor die welstand van die gemeenskap. Die blatantste voorbeeld van individualisme is die voorspoedsteologie.

 Die Christelike verstaan van verlossing word ook nou individualisties: dit gaan oor die verlossing van individue. Die Christelike geloof word nou ‘n lewenspolis vir individue wat glo en hulle reg gedra – hulle gaan hemel toe.

 Natuurlik gaan die Christelike geloof oor individue en ons verhouding met God as individue. Maar as dit opreg is, gaan dit ook oor God se droom van ‘n wêreld van geregtigheid en vrede. Dit gaan oor die welstand van almal en nie net oor die welstand van die individu nie.

Tyd vir kultuur

He who is a stranger to wonder is a stranger to God, for God is wonderful everyway, and everywhere, and everyhow. —C.H. Spurgeon

Tyd vir kultuur

We must hold the Bible in one hand and the newspaper in the other.” Karl Barth

Elke organisasie het ‘n kultuur; verstaan jy jou organisasie se kultuur? Christene moet beide die Bybelse teks en die kultuur waarin hierdie waarhede verkondig moet word, ken. Paulus is vir ons hierin ‘n voorbeeld: en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat (Handelinge 17:17) – elke dag op die stadsplein; nie in die sinagoge of kerk nie, maar buite daar waar die mense lewe en werk.

 

Natuurlik stel Christene belang in die kultuur om hulle – dikwels is dit slegs omdat ons graag die kultuur  vir al ons probleme (soos armoede) blameer. Die probleem is dat ons dikwels nie eers die moeite doen om eers die kultuur te verstaan nie.

James Davidson Hunter (To Change the World: The Irony, Tragedy, and Possibility of Christianity in the Late Modern World) sê dat kultuur  is a slow product of history … the past which lives in the present en history turned into nature.

In plaas daarvan om die eksterne kultuur te probeer verander, moet kerkleiers eers hulle eie gemeente se kultuur verstaan – elke gemeente het sy eie kultuur. Vra jouself af:  “Watter gedrag het nie verander nie al het die leierskap of personeel of lidmate verander? Help of hinder hierdie gedrag die verkondiging van die evangelie?”

Bewaar wat aan jou toevertrou is (1 Timoteus 6:20). Ons mag nooit toelaat dat die gemeente se kultuur dit verhoed nie.