Waar is God as ons swaarkry?
Envy is sorrow at another’s good – Thomas van Acquino
Waar is God as ons swaarkry?
Philip Yancey se nuwe boek, The Question that Never goes away, het onlangs verskyn. Die vraag waarna hier verwys word is: Waarmee is God besig – of nie besig nie – in ‘n wêreld vol tragedies en pyn? Hy het vantevore ook oor hierdie onderwerp geskryf. Ek gaan ‘n paar blogs spandeer aan sy boek.
Daar is vandag baie pyn en lyding in die wêreld. Mense leef met chroniese pyn, siektes, depressie … Ander se pyn is as gevolg van hulle kommer oor ander: ouers met kinders wat aan dwelms verslaaf is; kinders met ouers met Alzheimer se siekte; ander wat swaarkry as gevolg van armoede en ongeregtighede; ens. Dan moet ons dink aan natuurrampe – aardbewings, vloede, tsunami’s – en ander dinge soos oorlog, geweld en terrorisme. Waar is God as ons seerkry?