2 Makkabeërs 7:3–14
2 Makkabeërs 7:3-14
Hierdie gedeelte hanteer die martelaarskap van die eerste van sewe broers.
Die koning het hom liederlik vererg en beveel dat panne en ketels oor die vuur warm gemaak moes word. 4) Terwyl dit warm gemaak word, het die koning gesê dat die tong van die een wat namens die ander gepraat het, uitgesny moes word. Sy kopvel moes afgesny word saam met sy hande en sy voete – dit voor die oë van die res van sy broers en sy ma. 5) Totaal vermink en hulpeloos maar steeds by sy positiewe, het hulle hom in die pan gesit en gebraai, soos die koning beveel het.
… 9) Net voor hy sy laaste asem uitblaas, sê hy: “Jou vervloekte mens. Jy neem ons lewe in hierdie wêreld weg, maar die Koning van die wêreld sal ons weer vir ewig lewendig maak – dit is immers vir sy wette dat ons sterf.”
14) Toe hy op die punt was om dood te gaan het hy gesê: “Ek wil graag deur mense doodgemaak word omdat ek op God hoop om my lewe weer vir my terug te gee. Maar wat julle betref: vir julle sal daar geen tweede kans vir ʼn opstanding tot ʼn nuwe lewe wees nie.”
Hierdie is een van die heel eerste beskrywings van Jode wat vir hulle geloof gemartel word. Hulle gee egter nie om nie, want hulle het ʼn verwagting dat die Here sy regverdige mense weer gaan opwek. Hy gaan vir hulle ʼn nuwe lewe gee. Hier kry ons van die eerste verwysings in die Jodedom na die ewige lewe wat gaan kom.
Skrywer: Prof Jan van der Watt