Ou mates – Herrie van Rooy
Marita vra:
Watter mates is eva, hin en hoe lank is n el.
Antwoord
Prof Herrie van Rooy antwoord:
Hierdie tipe mate gaan in die nuwe vertaling, die direkte vertaling, gebruik word met telkens ‘n voetnoot wat die verduidelik:
efa: ‘n Inhoudsmaat vir droĆ« materiaal. Een efa was omtrent 22 liter koring of gars of meel.
hin: ‘n Inhoudsmaat vir vloeistof. Een hin was ongeveer 3,8 liter
Dis hoe die voetnote in die Direkte Vertaling dit aandui.
‘n El was ongeveer 43 sentimeter. Mens kry ook die ou el, of die koninklike el, wat soms gebruik word. Dit was ongeveer 51 sentimeter.
Skrywer: Prof Herrie van Rooy