Joseph Damien van Molokai

The search for a “suitable” church makes the person a critic where God wants them to be a pupil. (C.S. Lewis)

Joseph Damien van Molokai

Damien was ‘n Belg. Hy verlaat sy geboorteland om op Molokai te gaan werk. Hierdie eiland is een van die mooiste plekke op aarde. Hoekom gaan Damien daarheen? Hy wou onder die inwoners wat daarheen verban is, gaan werk. Hoekom is hulle verban? Hulle was melaats. Op daardie stadium was daar geen genesing vir melaatsheid beskikbaar nie. Hier, in ‘n plek van onoortreflike skoonheid, word mense gevange gehou.

 

Damien het sy lewe vir hierdie mense gegee. Hy het hulle omhels, want hy het hulle liefgehad. Hy het letterlik sy lewe vir hulle gegee. Een oggend was hy besig om kookwater in ‘n koppie te gooi. Van die water val op sy voet – en hy voel dit nie. Hy neem nog kookwater en gooi dit op sy ander voet … hy voel niks nie. Hy weet onmiddellik wat dit beteken – geen sensasie nie = melaatsheid.

Hy het altyd sy preke met die woorde: “My medegelowiges” begin. Daardie oggend begin hy met: “My medemelaatses.” Hy was nou een van hulle. Damien, tot die ontsteltenis van die inwoners van Molokai, is in België begrawe. Die Belge wou sy liggaam gehad het, want hy was een van hulle helde. Die inwoners skryf weer vir die regering in Blegië met die versoek: “Would you consider sending some part of his body, some memory of his physical presence, that we can bury him here?” Die owerhede het sy regterarm afgesny en dit is in Molakai begrawe. Dit was die arm wat na mense wat die wêreld verwerp het, uitgereik het.

Melaatsheid veroorsaak dat jy nie meer kan voel nie, maar dit beteken nie jy kan nie in liefde uitreik nie. Hoekom word mense na Jesus Christus getrek? Dikwels is dit omdat ‘n Christen na hulle uitgereik het.