Woorde uit die Bybel – Openbaring (2)
Lewis Sperry Chafer
Woorde uit die Bybel – Openbaring (2)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. Teksaanhalings kom uit Die Boodskap. Persoonlike Openbaring Openbaring in die Ou en Nuwe Testamente In die Nuwe Testament verander dinge egter. In Hebreërs 1:1 – 4 lees ons daarvan. God praat nie meer deur sy profete nie, maar deur sy Seun. In hierdie opsig vervul Jesus Christus dus die bediening van die profete. Maar dit wat Jesus gesê het, kom van die Vader: Ek het nie self hierdie dinge opgemaak nie. Wat Ek hierdie mense leer, kom direk van God af. Hy het My gestuur om dit te kom doen (Johannes 7:16). Maar Jesus openbaar nie net die Vader deur wat Hy gesê het nie, maar ook deur wie Hy was en wat Hy gedoen het. Ons kan God nie met ons oë sien nie. Sy Seun is egter die beeld van God. Deur na Hom te kyk, sien ons wie en hoe God is (Kolossense 1:15) Nog ‘n verdere ontwikkeling is dat God die Heilige Gees gestuur het. Later sal my Vader vir julle julle spesiale helper, die Heilige Gees stuur. Hy sal namens My kom en sorg dat julle alles goed sal onthou wat Ek vir julle gesê het (Johannes 14:26). Die Heilige Gees openbaar die volle waarheid oor God en stel die gelowiges in staat om van God te getuig: Dit is die ware Gees wat ook die waarheid goed ken. Hierdie Gees sal alles kom beklemtoon wat Ek gesê en gedoen het. Julle gaan ook vir die ongelowiges van My vertel en hulle probeer oorreed om Christene te word (Johannes 15:26). Jesus Christus en die apostels se woorde vorm ‘n eenheid – die Nuwe Testament. Dit was God se laaste woorde aan die mens. Maar wat is dit wat God aan die mens geopenbaar het? Daarna kyk ons volgende keer.
John Bunyan Woorde uit die Bybel – Openbaring (1)
Humpty Dumpty aan Alice in Lewis Carroll se Alice in Wonderland. Woorde, ook woorde in die Bybel, het ‘n spesifieke betekenis. Vir mense sonder teologiese opleiding is dit dikwels moeilik om die volle betekenis van woorde te verstaan. J. I. Packer het ‘n boek geskryf wat ons kan help: 18 Words: The Most Important Words You Will Ever Know. Ons gaan kyk na enkele van hierdie woorde. Openbaring Die Griekse woord wat gebruik word, is apokalipsis wat oopmaak beteken (HAT). Dit beteken dat God die sluier wegneem en vir ons dinge wys wat vantevore verborge was. God neem ons as ‘t ware in sy vertroue en deel sy geheime met ons. Onmiddellik kom drie vrae na vore: As ons aan die woord openbaring dink, is daar verskeie aspekte waaraan ons aandag moet gee: Volgende keer gaan ons na die eerste twee aspekte kyk: Persoonlike openbaring en openbaring in die Ou en die Nuwe Testament.
Algemene en spesiale openbaring Openbaring verwys na die bekendmaking van iets wat vantevore onbekend was. In teologie beteken dit die openbaarmaking van die kennis van God se karakter en sy weë. In die Bybel lees ons van twee tipes openbaarmaking: Dit verwys na ons kennis van God wat in die skepping geopenbaar word: Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee (Psalm 19:2 – 3). Paulus maak dit duidelik in Romeine 1:18 – 20: God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Wat ‘n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want Gods het dit binne hulle bereik gebring. Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ‘n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie. Hierdie kennis van God kom na ons deur veral die profetiese woord wat ons in die Bybel kry. Dit is waarna Paulus in 2 Timoteus 3:14 – 15 verwys: Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was, en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Sonder hierdie heilige Skrif wat van God af kom – die spesiale openbaring – is verlossing onmoontlik. Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Maar hoe kan ‘n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” (Romeine 10:13 – 15) Die mens verwerp die algemene openbaring van God. Maar in sy genade stuur Hy vir ons ‘n ander Woord – een van barmhartigheid en versoening deur die dood van sy Seun. Almal wat hierdie openbaring ontvang en daarop vertrou, sal gered word.
Clive vra: Die beloftes aan die gemeente van Filadelfia is onder andere “..En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe. ” Wat sou die nuwe Naam wees/ beteken ? Antwoord Prof Francois Malan antwoord: Openbaring 3:12,13 ‘Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal vir altyd daar bly. Ek sal op Hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, die nuwe Jerusalem, wat van my God af uit die hemel afkom. En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe.’ Christus sal drie dinge skryf op die gelowiges wat steeds oorwin oor die beproewings van hulle geloof: die naam van sy God, die naam van God se stad, en Christus se eie nuwe Naam. Die drievoudige inskripsie op die pilaar (dit is die standvastige gelowige) in die hemelse tempel verseker dat (i) die gelowige God se eiendom is (vgl. Num 6:22-27 se seën wat die priesters uitspreek, met die Naam Here drie maal herhaal, telkens met sy werke aan ons – vir ons van die Nuwe Testament klink dit na die werke van die Vader se sorg, en die Seun se genadige verlossing en die Heilige Gees wat vir ons tree en vrede gee), (ii) ‘n burger van die nuwe Jerusalem is (vgl. Eseg 48:35 die naam van die stad met 12 poorte vir almal van die volk van die Here om in te kom: Die Here is daar), (iii) wat op ‘n besondere intieme wyse aan die opgestane Christus verbind is (vgl. Rom 6:5 ‘aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding). Openbaring 19:12 sê: daar was ‘n Naam op Hom geskrywe wat niemand anders ken nie, net Hy self. Ons sal moet wag tot by Christus se wederkoms om sy nuwe Naam te hoor, wat die nuwe rol sal wees wat Hy dan sal speel. 3:12 sê: die nuwe Naam van Christus sal op elke gelowige geskryf wees om hulle identiteit as God se eiendom aan te dui (vgl. 7:3 en 14:1), en so elkeen se nuwe rol in die ewige lewe aandui. Openb. 19:13 sê sy huidige Naam is ‘Die Woord van God.’ Eers by sy wederkoms sal ons regtig hoor wat die nuwe Naam van Christus is. Hierdie nuwe Naam sal op elke gelowige geskryf wees. Hulle sal die pilare in God se nuwe tempel wees. In ons huidige bedeling, waar ons nog wag op sy wederkoms, is dit vir die gelowiges genoeg om te bely dat Jesus Christus, die Seun van God is, die opgestane Here en Verlosser – daarom dra ons die naam Christene, en die Heilige Gees is besig om ons te verander om soos Christus te word (2 Kor 3:18), om met sy gesindheid van nederige liefde teenoor mekaar te lewe (Filippense 2:1-11). Skrywer: Prof Francois MalanWoorde uit die Bybel – Openbaring (1)
Algemene en spesiale openbaring
‘n Nuwe Naam
‘n Nuwe Naam – Francois Malan