Tagged: Opreg en onberispelik
Bertie vra: Wat beteken die woord “onberispelik” regtig? Is dit moontlik om so te leef? Ek glo nie, tog word die woord baie gebruik. Byvoorbeeld, dis ’n voorwaarde om ouderling te kan/mag wees. Antwoord Prof Hermie van Zyl antwoord: Die...
A lie will go around the world while truth is putting its boots on – Ou Spreekwoord
Opreg en onberispelik
Sorg dat julle bo verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God (Filippense 2:15)
Dit herinner nogal aan die offerpraktyke van die Israeliete: die offers wat hulle gebring het, moes vlekkeloos gewees het. Dieselfde het ook vir die volk gegeld: Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat (Psalm 15:1 – 2).