Die leë graf: historiese geloofwaardigheid
God promises the Christian heaven after death, not before it. —John Blanchard
Die leë graf: historiese geloofwaardigheid.
William Lane Craig William Lane Craig is Navorsingsprofessor in Filosofie aan die Talbot School of Theology. Ek gaan baie gebruik maak van sy boekie: Did Jesus Rise from the dead.
Die mense in Jerusalem het geweet waar Jesus begrawe is – Jode en Christene. Jesus is immers deur ‘n lid van die Joodse Raad begrawe – Josef van Arimatea. Die vroue wat Jesus gevolg het, het sy begrafnis waargeneem. Maar toe die apostels begin verkondig dat Jesus opgestaan het, moes die graf leeg gewees het.
- Die volgelinge van Jesus sou tog nie geglo het dat Hy opgestaan het as sy lyk nog in die graf gelê het nie. Dit is tog verregaande om te verkondig dat iemand opgestaan het en sy dooie liggaam lê nog in die graf.
- Al het die volgelinge van Jesus verkondig het dat die graf leeg was, sou niemand anders dit tog geglo het nie. Maar die aantal gelowiges in die stad waar Hy in die openbaar gekruisig is, het vinnig gegroei.