Die Seun van God
Die Seun van God – Kobus Kok
Antwoord Prof Kobus Kok antwoord: Ten slotte: ons moet dus besef dat die betekenis van Jesus en die taal wat gebruik word om dit te beskryf, en selfs die name wat aan hom toegeken word, ‘n produk is van ‘n bepaalde historiese en kulturele konteks. Vandag kan ons steeds binne daardie kategorieë van Jesus praat indien ons die antieke wêreldbeeld verstaan, die betekenis daarvan begryp en dit binne die kerk as interpreterende gemeenskap so interpreteer. Richard Burridge, Four Gospels, one Jesus
Skrywer: Prof Kobus Kok
Stede in hedendaagse TurkyeMarius vra:Wil graag die hedendaagse stede in Turkye en die gemeentes wat deur Paulus besoek is bymekaar bring Julle hulp word waardeer.
Antwoord Paulus se eerste sendingreis: Vertrek vanaf Antiogië in Sirië (Hand.13:1; 14:26-28) – huidige Antakya in Turkye met die grotkerk van Petrus, en baie mosaieke van gewone huise – in die Hatay museum Kry die skip by Seleukië (Hand 13:4) – huidige Selucia Pieria (Besikli Magara) by Samandag in Turkye, met die ou hawehoof vanwaar Paulus vertrek het. Perge (Hand 13:13:13; 14:25) – kyk na die teater by nabygeleë Aspendos Antiogië in Pisidië (Hand.13:14-52) – nie meer op die kaart nie Ikonium (Hand 13:51-14:6) – deesdae Konja waar niks van Paulus meer is nie, klooster van Islam se draaiende Derwisjers Listra (Hand 14:6-20; 21) – bestaan nie meer nie Derbe (Hand 14:20-21) – bestaan nie meer nie Atalia (Hand 14:25) – huidige Antalya Tweede sendingreis Provinsie Silisië (Hand 15:41) waar Tarsus geleë, waar Paulus gebore is (Hand 9:11,30; 11:25; 21:39; 22:3) vandag nog Tarsus met geboue en put na Paulus vernoem Derbe, Listra, Ikonium (Hand 16:1-5) Troas (Hand 16:8-10) – Truva, in die gebied is ook die antieke Troye wat opgegrawe word. Efese (Hand 18:19-21) huidige Efes – die mees volledige opgrawings van die ou stad met amfiteater, regeringsgeboue, biblioteek, ou tempels, ens. museum by nabygeleë Selsuk Antiogië in Sirië (Hand.18:22-23) vgl hierbo. Derde sendingreis Efese (Hand 19:1-40) Troas (Hand 20:6-12) Assus (Hand 20:13-14) – Assos (Behramkale) Mitelene (Hand 20:14) Milete (Hand 20:15-38) – Miletus (Milet) Reis na Rome Mira (Hand 27:5) – Demre en Myra Paulus skryf aan Kolosse en verwys na ‘n brief aan Laodisea in die Lykus vallei waar ook Hierapolis geleë is.: Kolosse aan die voet van die berg bestaan nie meer nie Laodisea word tans opgegrawe: amfiteater, hoofstraat, ens. Hierapolis (Pamukkale) is die moeite werd om te besoek. Verder is die sewe gemeentes van Openbaring ook almal in Turkye: Efese, Smirna (Izmir), Pergamum (Bergama), Tiatire, Sardis (Sart), Filadelfia, Laodisea. Skrywer: Prof Francois Malan KennisKennis – Francois MalanGene vra:
Wat bedoel Paulus met “kennis” soos in 1 Timoteus 6 vers 20. Het die kennis te doen met die valse leringe van die valse profete? Verklaar dan ook vers 21. Aan wat sal ons vandag daardie “kennis” kan toeskryf.
Antwoord Prof Francois Malan antwoord:
Paulus vra vir Timoteus, wat in die gemeente in Efese werk, om op sy hoede wees vir die valse leer wat lede van die gemeente begin verkondig. Paulus sê hulle praat valslik van hulle leer as ‘kennis’. Hulle dink dit is ware kennis, en wil mense beïndruk met hulle sogenaamde kennis. Paulus noem dit egter goddelose gebabbel (NAV onheilige praatjies; letterlik: leë gepraat, ‘n gepraat sonder enige betekenisvolle inhoud). Hy sê dit is vol innerlike teenstrydighede, met argumente wat mekaar weerspreek (NAV vertaal dit as ‘sinlose’). Daarteenoor moet Timoteus die egte evangelie wat aan hom toevertrou is, goed bewaar.
Die ‘kennis’ behels waarskynlik die verkondig van ‘n wettiese boodskap wat vereis dat mense goeie werke doen om gered te word (1:7-11). Deur hulle vertroue op hulle eie goeie werke word die evangelie van God se vrye genade verduister en God se verlossingswerk uit liefde deur Christus se offer word op die agtergrond geskuif (1:5; 12-17; 2:1-7). In 1:3 noem hy dit valse leerstellings (letterlik: ‘n ander boodskap) wat direk teen die evangelieboodskap is. Dié valse leer moet Timoteus in die gemeente verbied.
Timoteus moet die mense van die valse leer ook aanspreek ook hulle lewenstyl. Hulle lewe volgens mites, dit is verdigsels wat hulle self uitdink, en volgens hulle misbruik van geslagslyste. Die verdigsels waarna Paulus verwys was waarskynlik allegoriese verklarings van die Ou Testament. Allegorieë is sinnebeelde, waarmee hulle met hulle vooropgesette gedagtes betekenisse inlees in die Bybel, wat nie met die woorde van die Ou Testament in hulle verband bedoel is nie. Die geslagslyste verwys na die geslagslyste in die Ou Testament waaraan hulle fantasie verklarings gee. Dit is betekenisse wat hulle met hulle verbeelding inlees in die lyste. Waarskynlik het hulle ook die evangelie se verlossing beperk net tot Jode, en miskien die Joodse aanhangers daarby ingesluit. Daarom beklemtoon Paulus dat die evangelie vir mense van alle volke bedoel is (2:1-7), vir sondaars (1:15), vir alle mense (4:10).
Die valse broers verkondig blykbaar askese om God daarmee te behaag: hulle verbied mense om te trou en om sekere kosse te eet (4:3-5).
Volgens 2 Tim.2:18 verkondig hulle dat die opstanding reeds plaasgevind het. Hulle verwag dus nie meer ‘n liggaamlike opstanding nie, maar het die opstanding vergeestelik, deur te beweer dat as jy lewe soos hulle verkondig, is dit reeds die opstanding. Dan is die opstanding met die wederkoms van Christus nie meer nodig nie. Daarmee loën hulle ook Christus se opstanding, en daarmee ook die kernwaarheid van die evangelie (vgl. 1 Kor.15:12-28).
Vers 21 sluit aan by 1:6, mense wat afgewyk het van liefde uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete, en ‘n opregte geloof – alles dinge wat ons verkry deur ons versoening met God en ons medemens wat Jesus vir ons verwerf het, wat die Heilige Gees in ons kom bewerk. So het hulle van die ware geloof in God en sy verlossing afgewyk, en vertrou op hulle selfverlossing deur goeie werke, wat hulle voorskryf met hulle foutiewe verklarings van die Ou Testament, wat hulle dan as ‘kennis’ voorhou.
Skrywer: Prof Francois Malan Efesiërs (4)Efesiërs (4) – Francois Malan2.6 Geestelike oorlog teen die magte van die bose (6:10-20)
Hierdie gedeelte som die temas van die brief op in ‘n vergelyking met die wapenrusting van die Here en sy Gesalfde, wat optrek om sy volk uit die ballingskap in Babilonië te verlos, soos beskrywe in Jesaja 11:4-5; 59:17 en ook 49:2; 52:7 en met die Romeinse soldaat se toerusting in gedagte.
2.6.1 Word sterk in en deur die Here (6:10-13; 3:16)
Dit is die Here Jesus wat ons versterk (in Christus Jesus 2:6; Christus in ons; in liefde 4:17; in die Here 5:8; 6:1), volgens die werking van sy liefde, sy magtige sterkte in ons (1:19-23; 3:17-19).
Die gelowiges verkry die krag van God deur God se volle wapenrusting aan te trek (die nuwe mens in 4:24). Soos ‘n voetsoldaat ten volle toegerus moet wees vir ‘n veldslag, moet die gelowige ten volle afhanklik wees van God se sterkte, God se eie wapenrusting, wat Hy aan ons verskaf, naamlik Homself (om soos Hy te wees, 4:24; 5:1; Jesaja-tekse).
Die rede waarom gelowiges in die krag van die Here moet lewe, is dat hulle staande kan bly (4:14-16), weerstand kan bied teen die duiwel se listige aanslae (4:22,27-31). Ons is in ‘n man-tot-man-stryd gewikkel met die duiwel en sy trawante, wat die wêreld en ons self probeer inneem en teen God mobiliseer (maar vir wie Christus oorwin het, 1:20-22).
As die gelowiges ten volle voorbereid en bewapen is met die wapenrusting waarmee die Here hulle beklee het, sal hulle ook op dae van spesiale aanvalle weerstand kan bied en staande kan bly.
2.6.2 Staan vas! met God se volle wapenrusting beklee (6:14-17)
Die opdrag om vas te staan word gegee saam met ‘n verwysing na die gawes wat God voorsien om in die stryd teen die vyand vas te staan:
2.6.3 Waak en bid (6:18-20) Voortdurende afhanklikheid van God in gebed is noodsaaklik om vas te staan in die stryd teen die magte van die duisternis wat nie in dié bedeling eindig nie. Bid daarom altyd tot God, gelei deur die Gees (2:18; 5:18), met elke soort gebed en smeking, waak met alle volharding om nie te verslap nie, tree in vir alle mede-gelowiges (1:15; 2:14-18) en vir Paulus (3:7-9), die evangelie se gesant in boeie, om dit vrymoedig te verkondig, selfs voor die keiser tot wie hy geappelleer het (Hand.9:15; 25:12).
Slot en seën (6:21-24)
Paulus beveel sy medewerker Tigikus by hulle aan. Hy bring waarskynlik die brief na hulle toe (soos ook die brief aan die Kolossense, Kol.4:7-8).
Hy sluit die brief met ‘n gebed dat die vrede (2:14-18) en liefde met geloof (3:17-19) van die Vader en van Christus deur hulle na ander toe sal vloei, en dat God se genade (1:6,7; 2:5,7,8; 4:7) en onsterflikheid (1 Kor.15:42), die seëninge van die nuwe bedeling, met almal sal wees wat ons Here Jesus Christus liefhet, deur aan Hom toegewy te wees in ‘n persoonlike verhouding.
Skrywer: Prof Francois Malan |