Psalm 119:52
. —Vance Havner
Psalm 119:52
Ek onderhou u bepalings van altyd af, Here: dit gee my vertroue (NAV)
Ek het gedink, o Here, aan u oordele van ouds af, en ek het my getroos (OAV)
Ek sien baie uit na die dag wat U u belofte waar maak. Elke dag vra ek: “Hoe lank nog voordat U my kom help?” (Die Boodskap)
Wat doen jy as jy troos nodig het? Eet? Soek plesier? Onderhou reëls?
Kan kos jou troos? Soms, maar hierdie troos is van korte duur. Plesier? Om ‘n rolprent of TV te kyk, is soms snaaks, maar dikwels meer ontstellend as vertroostend. Is daar ‘n vriend met wie jy kan praat as jy troos nodig het? Natuurlik is vriende wonderlik en kan jou werklik bemoedig, maar vriende is nie altyd daar nie.
Die psalmis vind vertroosting in reëls! Meeste van ons sou sê: Onmoontlik. Maar in vers 50 sê hy: Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou. Die psalmis het troos in sy ellende nodig en vind dit in God se beloftes wat hom in die lewe hou.
Hoe kan reëls ons vertroos? Reëls bring struktuur wat goed is Reëls stel grense wat almal van ons nodig het. Die doel van God se reëls is primêr om ons nader aan God te bring. Ons mag nie altyd ‘n vriend byderhand hê om mee te praat nie, maar God is altyd beskikbaar. Dit is vertroostend.
Maar hoe bring God se reëls ons nader aan God? Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag (Deuteronomium 6:5). Dit is duidelik dat hierdie reël ons nader aan God sal bring. Om op die Sabbat te rus (Deuteronomium 5:12 – 15), dwing jou om ‘n stadiger pas te handhaaf; om te rus en om plek vir God in ons lewens te maak. Ander reëls maak ons van God afhanklik – hopelik bid ons vir goddelike bystand om hierdie reëls te gehoorsaam.
Dit is interessant dat die psalmis nie sommer deur enige reëls vertroos word nie, maar deur ou reëls. Is dit nie altyd die geval nie – die ou reëls is die beste as jy vertroos moet word.