Die Groot Geloofswoordeboek: Seun van die mens
Die Groot Geloofswoordeboek: Seun van die mens
Seun van die mens
Daar is baie misverstand oor die titel “Seun van die mens” vir Jesus. Dit word dikwels teenoor “*Seun van God” gestel asof “Seun van God” ‘n hoogheidstitel vir Jesus is, en “Seun van die mens” ‘n titel van vernedering, asof “Seun van God” na sy Goddelikheid verwys, en “Seun van die mens” na sy menslikheid.