Die Groot Geloofswoordeboek: Sinoptiese evangelies
Die Groot Geloofswoordeboek: Sinoptiese evangelies
Sinoptiese Evangelies
Matteus, Markus en Lukas word die Sinoptiese Evangelies genoem. Die woord “sinopties” is afgelei van ‘n Griekse woord wat “saamkyk” beteken. Deur van die Sinoptiese Evangelies (ook Sinoptici genoem) te praat bedoel ons dat hulle saam na Jesus kyk, dat hulle ongeveer dieselfde oor Jesus skryf. Dit staan dan teenoor Johannes wat ander dinge beklemtoon.