Twyfel Christene ooit?
The Word is the chosen weapon by which the devil must be confronted and confounded – J. C. Ryle
Twyfel Christene ooit?
Daar is ‘n neiging om te dink dat Christene nooit twyfel nie. Dit is nie waar nie. Hier is ‘n paar redes waarom Christene twyfel:
- Persoonlikheid: Sommige mense is geneig om te twyfel – dit is deel van hulle DNS. Party mense is van nature skepties – hulle glo nie sommer enigiets nie. Hulle sukkel om mense – selfs hulle vriende – te vertrou.
- Geskiedkundig: Hierdie beïnvloed ons vermoë om te vertrou. Die oorsaak is nou gebeure van die verlede – een of ander troumatiese gebeurtenis soos mishandeling as kind wat jou vermoë om te vertrou ondermyn.
- Fisies: ongesonde eetgewoonte en gebrek aan oefening kan beteken dat ons gemoedstemming baie kan wissel.
- Spanning: spanning bepaal hoe ons dink en hoe ons die werklikheid beoordeel.