Die teenmiddel teen valsheid
Oh that the gods
The gift would gi’e us
To see ourselves
As others see us
Robert Burns – Skotse digter
Die teenmiddel teen valsheid
Dit is interessant om te sien dat as iemand sê dat hy ‘n Christen is hoe die mense om hom reageer. Daar kom ‘n afstand tussen hulle, want moderne mense aanvaar dat Christene sekere ongewenste eienskappe het. Of dit nou geregverdig is of nie, het mense negatiewe indrukke van Christene. Sekerlik die algemeenste klagte is: “Christene is vals.” Ons is gou om hierdie wanvoorstelling reg te stel, maar die negatiewe persepsies bly.
Wat bedoel mense as hulle sê dat Christene vals is? Meestal beteken dit dat Christene dink dat hulle al die antwoorde het – hulle tree meerderwaardig op.