Die Groot Geloofswoordeboek: Totale Verdorwenheid
Die Groot Geloofswoordeboek: Totale Verdorwenheid
Totale verdorwenheid
(*TULIP)
Die leer van die totale verdorwenheid van die mens (corruptio totalis) word maklik misverstaan. Sommige dink dit beteken dat geen ongelowige ooit iets goeds kan doen nie. Dit is ‘n misverstand. Sedert *Augustinus, een van die groot kerkvaders, is dikwels verwys na die deugde van die heidene.