Wat beteken die verordeninge en die voorskrifte en die bepalings wat die Here ons God vir u gegee het?
–F. B. Meyer
Wat beteken die verordeninge en die voorskrifte en die bepalings wat die Here ons God vir u gegee het?
Moses is besig om met die volk te praat (Deuteronomium 6:20 – 25). Hy onderrig sy gemeente oor hoe om die geloof na die volgende geslagte oor te dra. Hierdie kort gedeelte bestaan uit:
- ‘n Kind se vraag; en
- Die antwoord van ‘n volwassene.
Moses aanvaar dat as ons met verskillende kulture gekonfronteer word, kinders hulle ouers vir ‘n verduideliking oor hulle besondere leefwyse sal ondervra. Of die oorsprong van hierdie vraag nou onkunde of nuuskierigheid is, vra die kind in werklikheid: “Hoekom word ons deur hierdie regulasies beheer?”
Moses begin nie sy antwoord deur oor die wette te praat nie – hy begin met ‘n uitleg oor wat die proloog tot die tien gebooie beteken. Ons was in Egipte die farao se slawe, en die Here het ons daar deur sy magtige dade bevry 22toe Hy voor ons oë tekens en groot wonderdade gedoen het en rampe oor Egipte laat kom het, oor die farao en sy hele huis. 23Maar vir ons het die Here daarvandaan laat wegtrek om ons in hierdie land te bring en dit vir ons te gee soos Hy aan ons voorvaders met ’n eed belowe het. Moses sê dat die volk nie primêr deur ‘n stel reëls beheer word nie, maar deur ‘n kennis van die Here – veral sy verlossingsdade en sy spesiale verhouding met hulle. Hy beklemtoon vier kritiese gebeure in die geskiedenis van die volk:
- Ons was in Egipte die farao se slawe. Die geskiedenis van Israel as volk begin met hulle behoefte aan verlossing – hulle was slawe in Egipte.
- Die Here het ons daar deur sy magtige dade bevry. God bevry Israel uit hulle desperate posisie deur sy magtige dade.
- 22Toe Hy voor ons oë tekens en groot wonderdade gedoen het en rampe oor Egipte laat kom het, oor die farao en sy hele huis.
- 23Maar vir ons het die Here daarvandaan laat wegtrek om ons in hierdie land te bring en dit vir ons te gee soos Hy aan ons voorvaders met ’n eed belowe het. Die Here bring hulle uit Egipte sodat hulle die land wat Hy met ‘n eed aan hulle voorvaders belowe het, kon bewoon.
Die Here red hulle uit Egipte sodat hulle sy onderdane kan word, soos duidelik blyk uit die voorskrifte en bepalings.
In vers 24 – 25 antwoord Moses die vraag wat reeds in vers 20 gevra is. Die Here het al hierdie voorskrifte vir vier redes gegee:
- Om volgens al hierdie voorskrifte te lewe – om hulle optrede te beheer.
- Om die Here ons God te dien – om die nodige ontsag vir die Here by hulle in te skerp.
- Sodat dit altyd goed kan gaan met ons.
- Sodat ons kan bly lewe soos dit nou die geval is.
Die hoogtepunt van hierdie gedeelte is vers 25: Ons sal die wil van die Here ons God doen as ons hierdie hele wet in sy teenwoordigheid gehoorsaam en daarvolgens lewe soos Hy ons beveel het.”
Deuteronomium 6:20 – 25 is belangrik, want dit beklemtoon die belang van doelgerigte strategieë vir die oordrag van die geloof en die gedagtenis van God se verlossingsdade in die geskiedenis. In die Nuwe Testament kry ons gereelde oproepe om die geloof oor te dra:Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander oor te dra (2 Timoteus 2:2). Jesus het doelbewus die paasfees verander in die nagmaal. Hy sê: Gebruik dit tot my gedagtenis (Lukas 22:19). Die nagmaal moet ons altyd weer herinner van Christus se verlossingsdade. Moenie die geskiedenis vergeet nie.