“The revelation in Christ is not completed with the Life, Death and Resurrection of Jesus: it only attains its goal when it becomes actually manifest; that is, when a man or woman knows Jesus to be the Christ.” – Emil Brunner
Satan probeer God se woord ondermyn
Satan kom na Jesus nadat Hy veertig dae en veertig nagte niks geëet het nie. Jesus was honger. Dan kom Satan met die versoeking: As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word (Matteus 4:3). Weereens, soos met Eva, kry ons hier ‘n subtiele suggestie: As … “As jy dan die Seun van God is, hoekom gaan jy dan van die honger dood in die woestyn? Jy het tog die krag om iets omtrent jou honger te doen.” Onthou Jesus se versoeking vind net na sy doop plaas. By sy doop het God uit die hemel gesê: Dit is my geliefde Seun (Matteus 3:17). Hier bevestig die Vader in die openbaar dat Jesus sy Seun is, maar die Satan sê: As… Satan daag dus vir God uit – wat God gesê het, is nie waar nie.