Die duisendjarige vrederyk – Jan van der Watt

Vraag

Ek wil graag weet of die 1000 jaar vrede op aarde gaan wees of in die Hemel? Waar in die Bybel kan ek dit duidelik sien? Party sê dis in die Hemel omdat die aarde dan heeltemal verwoes sal wees maar soos ek verstaan gaan Satan na die 1000 jr losgemaak word en die mense versamel uit die 4 hoeke van die aarde en ook die geliefde stad omring; maar hoe gaan satan dit doen as die aarde dan heeltemal verwoes is?

Antwoord

Prof Jan van dr Watt antwoord:

Die leser se vraag oor die duisendjarige vrederyk raak ’n interessante vraag aan, maar bevat ’n paar misvattings, daarom het hy of sy die vraag gestel. Op ons webwerf is daar ’n hele paar artikels wat oor temas rakende die 1000jarige vrederyk gaan – tik maar net ‘duisendjarige’ as soekterm in en die artikels oor die eindtyd, Openbaring 20, chiliasme ens. sal daar gekry kan word. Die duisendjarige vrederyk word op net een plek in die Bybel genoem, naamlik in Openbaring 20:1-6 (daar is ’n artikel oor die gedeelte op Bybelkennis.co.za). In Openbaring 19 word daar vertel van die aardse magte wat hulle rieme styfloop teen die Ruiter op die wit perd  (Jesus) en vernietig word. Hierdie magte (die dier en valse profeet wat in hf 13 as die trawante van Satan beskryf word word in 19:20 in die poel van vuur gegooi) is egter  net die instrumente van Satan. Die duiwel word dan vir 1000 jaar gebind en die martelare heers vir 1000 jaar. Die wêreld is dan nog nie vernietig nie – dit gebeur eers in hf 21:1. As die 1000 jaar verby is, word die Satan losgelaat en probeer weer vir ’n tydjie om Jesus te oorwin, maar sonder sukses. Die Satan word dan finaal vernietig (20:7-10) en dan vind die finale oordeel plaas, waarin die gelowiges wat goed gedoen het van die ongelowiges wat nie aan God gehoorsaam was nie, veroordeel word. Dan kom die nuwe Jerusalem (hf 21).

Die vraag hoe die 1000jarige vrederyk verstaan moet word, was van die begin van die Christendom af ’n vraag. Party het aarvaar dat dit fisies ‘n 1000 jaar is waar vrede op die aarde gaan heers, voor die Here finaal kom. Ander meen weer dat die 1000 jaar simbolies is, en nie presies duisend jaar nie. Hulle beweer dan dat dit byvoorbeeld die periode tussen die eerste koms van Jesus en die tweede koms beskryf. Jesus het immers die duiwel met sy eerste koms uitgewerp (Joh 12:31) en so geestelike vrede vir die gereddes gebring. As mens mooi na die teks kyk, sien mens dat net martelare gaan opstaan. Dit maak die volgende verklaring baie waarskynlik: In die Ou Testament het mense geglo dat goeie gelowiges ’n lang en gelukkige lewe uit die hand van God gaan ontvang. Dit is hulle beloning vir hulle vroomheid. Tog is daar gelowige soldate wat as martelare vir God gesterf het om sy volk te verdedig. Hoewel hulle dus vroom was, het hulle nie ’n lang en gelukkige lewe gehad nie. Het God nou in die steek gelaat en sy belofte gebreek? Nee, God sal hulle op ’n spesiale manier weer opwek en aan hulle die lewe teruggee wat hulle verloor het (lees 2 Makkabees 6 en 7). Daarom, net voor die finale oordeel, wek God die martelare  op en beloon hulle met 1000 jaar (die volledige getal) vrede en heerskappy. Dan gaan die proses voort en die nuwe Jerusalem kom.

’n Laaste opmerking: Openbaring 20 praat glad nie van die wegraping nie en in die konteks vind ons ook niks daarvan nie. Ander tekste uit die Bybel is eers in die 18e eeu deur ’n klein groepe Amerikaanse Christene met Openbaring 20 in verband gebring en toe het die teorieë oor die 1000 jarige vrederyk begin, wat  met die wegraping verbind word.  

Skrywer:  Prof Jan van der Watt




Vrede op aarde

“Jesus is the ultimate Job, the only truly innocent sufferer.”  – Tim Keller

Vrede op aarde

Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ‘n welbehae het (Lukas 2:13 – 14).

Ons moet altyd na vrede streef – in tye van oorlog, maar ook as dit rustig is; wanneer jy tevrede met jou verhoudings is, maar ook as jou verhoudings krapperig is; wanneer jy voel dat jy in harmonie met God is, maar ook as die harmonie verbreek is.

 

Vrede is meer as die afwesigheid van konflik. As ‘n man en vrou moeg is om op mekaar te skreeu en in ‘n doodse stilte verval, is dit nie vrede nie. Die Hebreeuse woord vir vrede is sjalom. Dit beteken mag jy gesond en heel en volledig wees; mag jy weet waar jy in die groot heelal inpas; mag jy rus en kalmte daar ondervind. As ek weet waar ek in God se wêreld inpas, bring dit kalmte.

Tydens Kersfees bid ons vir vrede. Ons bid dat ons en ander die sjalom van Kersfees ontdek – die vertroue dat as God se guns en genade op ons rus ons vrede sal ondervind. Hierdie vrede is die gevolg van Christus se koms na die wêreld om dinge reg te stel.

Mag ons hierdie seisoen die vrede wat Jesus Christus met sy koms na die wêreld moontlik gemaak het, ondervind.




Vrede: versoening met God

“To love God with heart and soul and mind and strength … is the first and greatest commandment, so the first and greatest sin is not to love God with heart and soul and mind and strength. For this there is no remedy, save what God himself has provided—in love.” – D.A. Carson

Vrede: versoening met God

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle (Johannes 14:27)

Tim Keller beskryf die konsep van sjalom soos volg: God created all things to be in a beautiful and harmonious, interdependent, knitted, webbed relationship to one another. Just as rightly related physical elements form a cosmos or a tapestry, so rightly related human beings form a community. This interwovenness is what the Bible calls shalom, or harmonious peace.”

 

Vrede bestaan uit drie verskillende dimensies: vrede met God, vrede met ander en vrede met jouself. Vrede met God is moontlik al is dit teenstrydig met ander godsdiensisteme. Ander godsdienste beklemtoon dat God mense wat hard probeer met guns bejeën. Die Christelike geloof verkondig dat mense sondaars is. Ten spyte van al ons pogings skiet ons tekort – ons haal nie God se standaarde nie. Alhoewel dit na ‘n onoorbrugbare kloof lyk, oorbrug genade die kloof.

(Romeine 5:9). Jesus het hierdie vrede met sy bloed gekoop. Omdat Hy in ons plek geoffer is, spring ons God se toorn vry. Vrede met God laat ons hoop met vertroue ondervind. Ons weet ons ons verhouding met God is seker, want Jesus het dit vir ons bereik.

Ondervind jy hierdie sjalom omdat jy weet dat God nie meer jou sonderekord teen jou hou nie? Dat Hy jou liefhet? Dat jy vrygespreek is en dat daar nou vrede tussen jou en God is?




Jesus, die Vredemaker

Jesus, die Vredemaker

 

Die werk van Jesus Christus het die geestelike dinamika tussen Jode en heidene fundamenteel verander. Dit vee nie God se vroeëre beloftes aan die Jode uit nie. As dit egter by verlossing kom, het God nie afsonderlike paaie vir Jode en nie-Jode nie. Beide word deur die evangelie van genade en geloof in Jesus Christus verlos.

Hierdie verandering was nie die gevolg van sosiale of politieke ingryping nie, maar as gevolg van ‘n Persoon. Jesus het die muur verwyder deur sy offer aan die kruis. Hierdie optrede van Hom open die weg van versoening.