Waardes en die kerk vandag
He is a wise man who does not grieve for the things het has not, but rejoices for those which he has – Epictetus, filosoof 2de eeu
Waardes en die kerk vandag
In Filippense 4:8 kry ons ‘n lys van waardes: waarheid, edelheid, regverdigheid, reinheid, ens. Hierdie gee aan ons die geleentheid om na te dink oor die kerk se verhouding met die kultuur daar buite in die wêreld. Ons het twee basiese keuses:
- Ons kan die huidige kultuur as Godgegewe sien; of
- Ons kan teen die huidige wêreldse kultuur standpunt inneem en die status quo verwerp.