Die idee van die wegraping [3]
Die idee van die wegraping [3] – Dirk Venter
Teksgedeeltes waarvan die bedoeling verkeerd verstaan word, wat bymekaar gevoeg word, en dan die wegrapingsidee vorm
- Matteus 24:15-28 plus Daniël 9:24-27 – die groot verdrukking (sewe jaar lank)
Die tweede teksgedeelte wat onbedoeld verkeerd uitgelê word en by 1 Tessalonisense 4:16-17 getel word om die wegrapingsidee verdere gestalte te gee, is Matteus 24:15-18 (saamgelees met Daniël 9:24-27). Daar is geen twyfel daaroor nie: hierdie teksgedeelte waarsku gelowiges dat die aktiwiteit van die bose en die gevolglike swaarkry op aarde ʼn hoogtepunt sal bereik net voor die Wederkoms (Matteus 24:29). Matteus 24:21 noem dit “‘n groot verdrukking… soos wat daar van die begin van die wêreld af nie was nie en ook nie weer sal wees nie”.