There is an intolerance which is downright praiseworthy – that is, the intolerance of false teaching in the pulpit (J. C. Ryle)
Wêreldsiening: Het Jesus van Nasaret uit die dood opgestaan?
James N. Anderson het ‘n baie interessante, interaktiewe boek geskryf: What’s your Worldview? Ek gaan onder andere hiervan gebruik maak in ‘n aantal blogs.
Om uit te vind wat mense van Jesus dink, is waarskynlik die doeltreffendste manier om die veld van jou wêreldsiening te vernou. Elke teïstiese wêreldsiening het ‘n onderskeidende siening van wie Jesus is, wat Hy gedoen het en wat met Hom gebeur het. So byvoorbeeld maak die Christendom daarop aanspraak dat Jesus gekruisig is en op die derde dag weer opgestaan het. Dit was ‘n letterlike, fisiese en liggaamlike opstanding. Jesus keer terug uit die graf met dieselfde liggaam waarmee Hy die graf ingegaan het. Dit was nie net ‘n geestelike opstanding nie. Teïste wat nie Christene is nie, ontken die opstanding van Jesus.