Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(7)
Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(7) – Hennie Stander
Die voorportaal
Sommige rykes het ook voorportale (of voorhowe) tot hul huise gebou. Ons lees in Handelinge 12:13 en Matteus 26:71 van sulke voorhowe. In so ‘’n voorportaal is pilare parallel met die mure gebou sodat ‘n veranda of ‘n kolonnade gevorm is. Allerhande versierings is aangebring en daar is byvoorbeeld op lateie, drumpels en pilaarkoppe verskillende motiewe uitgekerf. Die mure is gepleister en versier en ook soms met teëls bedek. Die binnehowe is soms selfs in tuine omskep.