Twee stories uit die begraafplaas

image_pdfimage_print

 

It is our care of the helpless, our practice of loving kindness that brands us in the eyes of our opponents – Tertullianus.

 

Twee stories uit die begraafplaas

  • Die oop graf

Eugene Peterson vertel van ‘n besoek aan ‘n klooster. Op pad na die eetsaal loop hulle verby die begraafplaas. Hy sien toe een oop graf en vra: “Watter lid van julle gemeenskap is onlangs oorlede?”

 

“ Niemand nie. Die graf is vir die volgende een,” antwoord hulle hom.

 Elke dag, drie maal per dag,  as hulle stap om te gaan eet, word die lede van daardie gemeenskap herinner aan iets wat ons graag wil vergeet. Een van hulle is volgende aan die beurt.

 Maar ons as Christene weet dat Jesus Christus ons grootste vyand, die Satan, oorwin het. Die Saterdag was Jesus in die graf, maar die Sondag het Hy opgestaan.

 

  • Twee grafstene

Eerste grafsteen is dié van Mel Blanc. Hy was die stem van heelwat karakters in Looney Tunes. Jy sal hom gereeld hoor as jy Cartoon Network kyk! Hy gee aan sy familie streng bevele wat op sy grafsteen moet verskyn. Dit is die woorde wat hy gereeld aan die einde van ‘n duisend strokiesprente gesê het: That’s all, folks. 

 

Die tweede grafsteen is een wat Philip Yancey beskryf. Dit was die graf van sy vriend se ouma. Dit was onder ou eikebome in die begraafplaas by ‘n Episkopaalse Kerk in die platteland van Louisiana. Sy het ook instruksies gegee van wat op haar grafsteen moes staan – net een woord: Waiting.

 

Dit is ‘n pragtige beeld van die verandering wat Jesus in die wêreld gebring het … hoop.

 

 

image_pdfimage_print

You may also like...