Vergifnis en die gemeente in Korinte (2)
If we choose a false way of worship we shall, ere long, choose to worship a false god. — C.H. Spurgeon
Vergifnis en die gemeente in Korinte (2)
Die gemeente in Korinte het Paulus seergemaak. Dit wil voorkom of daar ‘n besondere moeilikheidmaker was. In 2 Korintiers 2:5 – 11 skryf Paulus oor die vergifnis van die oortreder.
Paulus is hier ‘n voorbeeld vir ons oor hoe ons moet optree in gevalle waar ons seerkry of beledig word:
¨ Paulus neem die saak nie persoonlik op nie. Die seerkry van sy eie persoonlike gevoelens is nie belangrik nie, maar wel die dissipline en eenheid in die gemeente.
Sommige mense neem alles persoonlik op; kritiek, al is dit opbouend, word gesien as ‘n persoonlike belediging. Kritiek en raad is meestal om ons te help.
¨ Paulus se doel met dissipline is regstelling – nie wraak nie.
¨ Paulus dring daarop aan dat straf nooit iemand moedeloos moet laat nie – dit dryf hom net in Satan se arms. Straf moet aanmoedig, nie ontmoedig nie.
Die doel van dissipline in die kerk is om die gemeentelewe suiwer te hou en mense wat afdwaal die geleentheid te gee om berou te toon. Die bose aanslag teen die kerk is ongenaakbaar, daarom probeer dit van kerklike tug iets ongenaakbaars te maak. Dit het enersyds tot gevolg dat diegene wat die kerklike tug moet toepas, geestelik hoogmoedig word en andersyds dat dié wat getugtig word, verbitterd raak en soms selfs die kerk verlaat. Ons moet altyd onthou dat ons so iemand deur dissipline na die gemeenskap van gelowiges wil terugbring. Die doel is nooit om die persoon te vernietig nie. Ons moetdaarteen waak dat ons nie onder die dekmantel vankerklike tug besig is om uiting te gee aan ons woede nie.
Die twee groot probleme met kerklike tug is gewoonlik:
- ØDat sonde te verdraagsaam deur die vingers gesien word; en
- ØDat die sondaar te hardhandig hanteer word.