Verstaan die vloei van betekenis in ‘n Bybelboek

 

The worst sin towards our fellow creatures is not to hate them, but to be indifferent to them; that’s the essence of inhumanity – George Bernard Shaw

 

Verstaan die vloei van betekenis in ‘n Bybelboek

Ons gaan voort met Mel Lawrenz se reeks How to Understand the Bible.

As ek ‘n lang reis moet onderneem, bestudeer ek vooraf die kaart. Eers kyk jy na die geheel. Daarna bestudeer jy die hoofweë en dan kyk jy na die plekke waarheen jy gaan van nader. Jy wil alles in jou gedagtes vaslê. [Dit klink baie outyds in die dae van GPS.] As jy nie ‘n algemene oorsig het van waarheen jy op pad is nie, mag jy by ‘n verkeerde plek uitkom.

 

Voordat ons na individuele verse kyk, is daar eers ‘n paar stappe wat ons moet neem. Ons moet die betekenisvloei van die boek wat ons lees verstaan. Meeste Bybelboeke gaan van die een idee na die volgende op ‘n logiese trajek. Die boek mag ‘n storie vertel of dit mag profesieë wees of dit mag onderrig wees. Ons  verstaan die betekenis as ons die logiese vloei van die skrywer verstaan. Sommige boeke soos die psalms het nie so ‘n logiese vloei nie, want dit is ‘n versameling liedere en gedigte.

 

Wat ons op hierde vlak van Bybelstudie doen, is om ‘n buitelyn te trek Lees die boek. Lees dit weer en let op die groot afdelings. As jy jou eie buitelyn getrek het, kan jy na die buitelyne in kommentare kyk.

 

Kyk na Genesis. As jy die boek deurgelees het, gee dit vir jou ‘n perspektief van die hele kaart. Omdat dit ‘n verhaal is, sien ons die vroeë stories van die wêreld, stories oor Abraham, die storie van Jakob en die storie van Josef. Die begin en einde van ‘n boek gee dikwels vir ons ‘n oorsig oor die geheel. Die skepping is nie net ‘n beskrywing van dinge wat gemaak word nie, maar mense word ook gemaak. Genesis 50 eindig met Abraham se nageslag wat begin vermenigvuldig. Hulle is nog in Egipte. Dit is ‘n belangrike tema in die Bybel: God se mense in vreemde plekke.

 

Ons kan dieelfde vir ander Bybelboeke doen. Die dinge waarna ons kyk, is:

  • Herhaling – temas wat dikwels voorkom, mag die bedoeling van die skrywer duidelik maak.
  • Verbindings – boeke het dikwels ooglopende stellings wat dele van die boek verbind. Dit wys vir ons die logika van die vloei.
  • Belangrike stellings – ons sien dit dikwels eers na ons die boeke verskeie kere deurgelees het. Stellings wat die betekenis opsom, is landmerke langs die hoofpad.
  • Parallelle – siklusse van herhaling mag aandui dat die betekenis in die idees wat herhaal word, gevind mag word.

 

Let op die landmerke op die kaart sodat jy die volgende keer as jy daar ry, weet waar jy is.