Vrees is my hoofvak
Though sin often brings immediate pleasure, it gives no lasting joy. —RC Sproul
Vrees is my hoofvak
Meer as ‘n dekade gelede het David Brooks ‘n geslag van elite universiteitstudente beskryf. Hulle het ‘n obsessie met prestasie gehad – iets wat aan hulle ‘n voordeel sou gee. Hulle kinderjare was met kognitiewe bevordering en geprogrammeerde aktiwiteite gevul. Dwarsdeur hulle skoolloopbaan het hulle gewerk aan hulle CV’s om gekeur te word vir die beste kursusse aan die beste universiteite. Dit word dan deur uitsoek loopbane gevolg.
Vandag is daar ‘n verskil. Hulle sien hulleself nie meer as rustig seil deur ‘n lewe vol prestasies nie. Hulle is bekommerd dat hulle prestasies nie voldoende sal wees nie. Hulle hardloop agter wat hulle toenemend sien as sukses wat hulle gaan ontwyk. Hulle word deur vrees gedryf. Hierdie vrees word eufemisties as angs beskryf. Die gedeelte wat volgens Amazon die meeste beklemtoon word op Kindle kom uit die tweede volume van die Hunger Games: “Because sometimes things happen to people and they’re not equipped to deal with them.” Studente wil voortdurend verseker word dat hulle besig is om hulle toe te rus. Hulle hoop dat hulle prestasies hulle teen onsekerhede sal beskerm. Hulle werk om hulle onseker toekoms te probeer beheer.
Dit was nog altyd moeilik om die dieper vrae van die lewe te antwoord. Vandag se kultuur maak dit moeilik om net die vrae hieroor te vra. Van kinderjare het ons vertrou op die meting van instellings om ons te evalueer.
Is dit nie tipies van vandag se jongmense nie – die vrees vir mislukking nie. As daar een frase in die Bybel is wat oor en oor herhaal word, is dit: Moenie bang wees nie. Aanvaar dat God langs jou wil loop. Nooi Hom uit om dit te doen.