Waar kom vrae en antwoorde vandaan? (1)
When I have nothing more to say I stop talking. — Martin Luther
Waar kom vrae en antwoorde vandaan? (1)
As Psalm 1 nie werk nie, wat doen jy dan? Psalm 1 beloof ‘n ordelike lewe wat sin maak. Doen die regte ding, dink na oor die Skrif, hou die regte geselskap, jy moet God liefhê, en in die regte seisoen dra alles vrugte. Logies. Werk meeste van die tyd. Maar wat van daardie gebiede waar niks sin maak nie. Dan identifiseer ons eerder met Asaf: Waarom, o God, hou U aan om ons te verstoot? Waarom is U kwaad vir die kudde wat aan U behoort? (Psalm 74:1). By Asaf is daar geen tekort aan vrae nie.
Kom ons kyk na Handelinge 12. Petrus word wonderbaarlik uit die tronk bevry op die vooraand van sy teregstelling. Maar Herodes laat vir Jakobus met die swaard doodmaak. Petrus word verlos; Jakobus word tereggestel. Hoekom die een en nie die ander nie? Vrae … as jy ‘n Christen is sal jy baie vrae hê.
Hoekom antwoord God party vrae met ‘n ja en ander met ‘n nee? Ons kan die vraag uitbrei om ook pyn en lyding in te sluit. As God dan liefdevol, almagtig en alwetend is, hoekom kry ons dan so swaar. Beteken dit nie dat een van die drie – liefde, mag en kennis – nie volmaak is nie?
Soms het vrae ‘n ander oorsprong – soos ‘n wetenskaplike feit. Dit kom as ons die Bybel en ‘n wetenskaplike teks langs mekaar lees. Die wêreld is in ses dae gemaak. Dit is nie wat die wetenskaplike wêreld sê nie. Jona wat deur ‘n groot vis ingesluk word en drie binne in die vis leef.
Soms het vrae ‘n oorsprong in die sosiale wetenskappe. Die morele siening van die Christelike geloof word bevraagteken. Kyk maar na die tradisionele Christelike onderrig oor seksuele verhoudings. Tog woon meeste paartjies reeds voor die huwelik saam. Wat van dieselfde geslag verhoudings? Is die antwoord om selibaat te bly korrek? Maar dit gaan nie net oor seks nie. Is die aansprake van Christene op die absolute waarheid nie problematies nie? Lei dit nie tot onverdraagsaamheid nie? Is dit nie die onderliggende oorsaak van baie konflik in die wêreld nie?
Soms gaan die vrae oor etiek. Mense spreek toenemend hulle misnoë oor die Christelike geloof uit op morele gronde. In die verlede is Christene daarvan beskuldig dat hulle intellektueel leeg is – nou word hulle daarvan beskuldig dat hulle moreel verdag is.
Volgende keer gaan ons verder en bespreek hoe ons mense kan help om beter te verstaan.