Waaroor het Jesus gepraat?
Envy is sorrow at another’s good – Thomas van Acquino
Waaroor het Jesus gepraat?
Daar is veral vier sake waaroor Jesus gepraat het – meer as enige van die ander sake wat Hy ook hanteer het. Hulle is:
- Die koninkryk van God – die manifestering van God se teenwoordigheid as heerser vandag en in die toekoms.
- Lewe – die ewige lewe wat in Homself beliggaam word. Hierdie lewe sal aan sy volgelinge gegee word na sy opstanding.
- Sy Vader – die aanbod dat ons ‘n persoonlike verhouding met die Vader kan hê net soos Hy ‘n verhouding met sy Vader gehad het.
- Homself – Jesus was die vervulling van die hele Ou Testament.
Die ander sake waaroor Jesus gepraat het, was gewoonlik aanvullend tot hierdie vier sake.
[Uit; Leonard Sweet en Frank Viola se Jesus A Theography.]