Wanneer sonde ernstig en genade oorweldigend is
When I feed the hungry, they call me a saint. When I ask why people are hungry, they call me a communist. -Helder Camara, aartsbiskop (1909-1999)
Wanneer sonde ernstig en genade oorweldigend is
Baie gemeentes beklemtoon die belang van ‘n heilige lewe, maar lê min klem op God se aanvaarding van ons ten spyte van ons sondes. Ander gemeentes wil wettisisme vermy en is daarom huiwerig om mense tot deeglike selfondersoek en berou op te roep. Die 18de eeuse pastoor, John Newton beskou selfondersoek en genade as beide baie belangrik.
Hy voel dat Christene nie genoeg aandag en tyd gee vir deeglike selfondersoek nie. Beteken hierdie selfondersoek dat ons altyd skuldig en skaam moet voel? Newton gee twee riglyne:
- Mense vul hulle harte met die gevare van wat hulle doen. Natuurlik is dit goed om jou probleem te erken, maar as dit al is wat jy vir jou hart sê, versag en hervorm dit nie jou hart nie. Die motivering is eintlik selfsugtig. Daarom bring dit slegs korttermyn verandering teweeg. Ons moet dieper ingaan op dit wat ons harte permanent verander – die genade van God in Christus aan die kruis. Ons moet vir ons harte wys die oneindige diepte waartoe Hy gegaan het sodat ons vry van sonde en veroordeling kan wees. Dit sal jou die gevaar en die erns van sonde laat besef.
- Ons sondig nie net uit ‘n opstandige begeerte om ons eie meesters te wees nie, maar ook omdat ons vir dinge anders as God soek om ons te vervul.
As ons in genade wil groei, moet ons daarvan bewus wees dat ons sondaars maar ook God se kinders is en dat Hy lief is vir ons. Ons moet ‘n begrip van ons sonde voor God hê en ‘n diepe begrip van ons eenheid met en aanvaarding deur God in Christus hê.
Rejoice in the Lord always, and again I say, Rejoice. We have little to rejoice in ourselves, but we have right and reason to rejoice in him. (“Letter XI, to the Rev. Mr. S.,” Works of John Newton, Vol. 6, 185-187)