Wat doen ons met stilte?
Courage is resistance to fear, mastery of fear – not absence of fear. Except a creature be part coward it is not a compliment to say it is brave – Mark Twain
Wat doen ons met stilte?
Ons woon in ‘n wêreld van voortdurende stimulasie. Loop vandag by enige winkelsentrum in – mense wat praat, musiek wat speel … Ja, soms probeer ons om die buitewêreld af te skakel – ‘n dag sonder ons selfoon (onmoontlik) of sonder radio en televisie.
Dit werk nie – dit werk net op ons senuwees. Ware stilte is feitlik onbekend in ons gejaagte lewe. As ons ware stilte wil hê, moet ons dit koop.
Woon ‘n stil erediens by. Mense raak ongemaklik en begin rondskuif. Baie kerke reël stil retraite waar lidmate hulle afsonder om na te dink en te bid. Daar is mense wat ‘n kamer in ‘n klooster vir ‘n nag huur. En dit alles net om stilte te ondervind. Maar mense is so gestruktureerd en gewoond om besig te wees dat hulle selfs by sulke plekke te-doen lysies maak. Hulle bekommer hulle oor wat om te dra en te eet – wat moet hulle saambring. So asof hulle na een of ander eksotiese land toe reis.
Michelle Harris-Love, ‘n neurowetenskaplike navorser, bespreek twee nagte in ‘n klooster. Toe die tyd nader kom dat sy moet gaan, bekommer sy haar oor hoe sy die tyd gaan omkry. Om twee dae net in stilte na te dink en te bid, is tog onmoontlik.
Wat doen ons met stilte? Dit is ‘n belangrike vraag. Dink ‘n bietjie daaroor na.